Eko-minuut 13:30
BULLETIN 10 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die Provinsiale Rampbestuursentrum sal op gereedheidsgrondslag bly met gure weer wat weer vanaf môre verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir baie koue, nat en winderinge toestande reg oor die Wes- en die Noord-Kaap. Bredell se woordvoerder, Rowena van Wyk, sê dag-temperature sal tot so laag as 10-grade Celsius en laer daal, met wind van 30-kilometer per uur:
# Die Stad Kaapstad gaan oor die volgende drie jaar na raming 71,2-miljard-rand aan energieprojekte bestee. Dit sluit in die opgradering van die Steenbras-kragaanleg, uitbreiding van sy fotovoltaïese vermoë, en LED-straatligte. Daar sal ook belê word in infrastruktuuropgradering in gebiede soos Bellville en Gugulethu, en ‘n battery-bergingsaanleg in Atlantis. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die metro ondersteun die kragnetwerk se veerkragtigheid, ingebedde opwekking, batteryberging en meterinfrastruktuur.
# En ‘n studie het bevind dat die ernstige Europese hittegolf van 23 Junie tot 2 Julie na raming tweeduisend-300 sterftes in 12 stede veroorsaak het. Dit is volgens die studie deur Imperial College London en die London School of Hygiene and Tropical Medicine. Van die sterftes word sowat twee-derdes toegeskryf aan aardverwarming, met 88-persent van die slagoffers ouer as 65. ‘n Omgewings-epidemioloog, Pierre Masselot, het aan The Independent gesê die wêreld moet ophou om fossielbrandstowwe te verbrand:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….