Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrikaanse Nasionale Parke stel sy 2040-visie in Sandton, Johannesburg, bekend met die doel om toekomstige bewaring te verbeter. Die raadsvoorsitter, Pam Yako, verduidelik die plan is daarop toegespits om klimaatsweerstandige, beskermde gebiede te skep en nasionale trots te bevorder, wat alle Suid-Afrikaners betrek. Sy beklemtoon dat gevorderde tegnologie die plan sal aanvuur om bestaande omgewingsuitdagings aan te pak en ekostelsels te versterk:
# Meer as 130 seekoeie is gestrand in modderwater by die Munambeza-dam weens die erge droogte in die Zambezi-streek in Namibië. Vyf van die diere het gevrek. Die Ministerie van die Omgewing, Bosbou en Toerisme se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê boorgate is gesink om water te pomp en die seekoeie te onderhou tot die reënseisoen begin. Hy vra plaaslike inwoners om nie wilde diere uit te lok of seekoeie se vleis te eet nie:
# En ten slotte: Finland het aangekondig twee reusepandas gaan vroeër na China terugkeer oor die onkoste daaraan verbonde. Lumi en Pyry was veronderstel om tot 2032 in die Ähtäri-dieretuin te bly, maar die park het besluit om hulle terug te stuur weens inflasie en skuld wat met die Covid 19-pandemie verband hou. Volgens berigte kos dit 29-miljoen-rand per jaar om die diere te versorg en die Finse regering was nie bereid om die onkoste te deel nie. Die reusepandas gaan binnekort ‘n maand lank in kwarantyn wees voor hulle na China sal reis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….