Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Gesondheid bied ‘n tweedaagse geleentheid in die Oos-Kaap aan om môre Wêreld-omgewingsgesondheidsdag te gedenk. Vanjaar se tema is Skep Veerkragtige Gemeenskappe deur Vermindering van Ramprisiko’s en Versagting van en Aanpassing by Klimaatsverandering. Volgens die departement is klimaatsverandering en ramprisiko’s wesenlike bedreigings vir volhoubare ontwikkeling, die lewens- en gesondheidstoestande vir alle mense en die vermindering van armoede. Deur veerkragtige volhoubare gemeenskappe te bou word sowel klimaatsverandering as ramprisiko’s aangepak.
# Die DA sê die Vrystaat se natuurlike skoonheid moet beter bestuur word om toeriste te lok en die ekonomie te bevorder. Hy sê die provinsie se ryk erfenis en ontspanningsgeriewe kan werk skep en maatskaplike kwessies aanpak. Die party moedig plaaslike munisipaliteite aan om basiese dienste soos elektrisiteit en water te verbeter om toerisme te ondersteun omdat swak dienslewering ontwikkeling kniehalter. ʼn DA-woordvoerder, Werner Pretorius, moedig inwoners aan om in 2026 vir verantwoordelike leierskap te stem om die provinsie se potensiaal te ontgin:
# En ten slotte: Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het regerings versoek om goeie planne vir optrede teen klimaatsverandering op te stel, ooreenkomstig die doelwit om te verhoed dat die aarde se temperatuur met meer as 1,5 grade Celsius styg. Hy sê die wêreld se klimaat is besig om te versmelt, met uiterste temperature, brande, droogtes en ongekende oorstromings. Guterres sê dit is egter nie natuurrampe nie, maar menserampe wat toenemend deur fossielbrandstof aangevuur word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….