Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Vandag is die eerste Wêreld-skoonmaakdag, wat mense herinner aan hulle mede-verantwoordelikheid om ‘n skoon, gesonde omgewing te handhaaf en volhoubare afval- en hulpbronbestuur te bevorder. Die tema is Arktiese Stede en Seebesoedeling. Die Verenigde Nasies sê swak afvalbestuur is verbind aan die drievoudige krisis op die planeet, naamlik besoedeling, biodiversiteit en klimaatsverandering. Mense word aangemoedig om deel te neem deur aktiwiteite wat bewustheid verhoog oor die rol van skoonmaakpogings in volhoubare ontwikkeling.
# Die onthoring van renosters in die Hluhluwe-iMfolozi Park in KwaZulu-Natal, het gelei tot ‘n 80-persent afname in stropery sedert April 2024. Die proses, ‘n samewerking tussen Ezemvelo KZN Wildlife en die WWF, het meer as 120 volwasse renosters en agt weeskalwers gered. Misdaadsindikate teiken egter steeds die swakhede in die stelsel ten spyte van hierdie sukses. Verbeterde veiligheidsmaatreëls, insluitend kameras en spoorsnyhonde, word ontplooi om vordering te handhaaf en die renosterbevolking te beskerm.
# En, die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê oorgangsprojekte vir klimaatsverandering vorm ongeveer 40-persent van die infrastruktuurpyplyn van tien jaar. Die stad het sy vennootskap met die Franse Ontwikkelingsbank hernu, ‘n samewerking wat daarop fokus om volhoubare watersekerheid te verbeter en om Kaapstad se klimaatsoorgangpogings te ondersteun. Volgens ʼn nuwe memorandum van verstandhouding het die bank hom tot ongeveer 9,4-miljoen-rand verbind om die stad te help om beter voor te berei vir gevare aan Valsbaai se kus, wat verband hou met uiterste weer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….