Eko-minuut 13:30
BULLETIN 18 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Kwart van internasionale maatskappye het hul koolstofvoetspoor verklein terwyl hulle finansieel daarby baat gevind het. Dié syfers is vervat in die Boston Consulting-groep en CO2 AI se verslag oor koolstofvrystellings. Nagenoeg 25-persent van die een-duisend-864 maatskappye wat ondervra is, het netto voordele van minstens sewe-persent van hul jaarlikse inkomste getoon vanweë die verlaging van hul koolstofvlakke volgens hul doelwitte. Diana Dimitrova van Boston Consulting sê maatskappye genereer die voordele uit ontkoling deurdat hul onkoste en belasting laer is:
# Die Green Connection sê die verlenging van die Koeberg-kernkragstasie se leeftyd is ‘n roekelose dobbelspel met openbare veiligheid. Die kernaanleg se eenheid een is verlede Woensdag onverwags afgesit. Eskom het onlangs onderhoudwerk aan die eenheid gedoen waarna die Nasionale Kernreguleerder dit in Julie ʼn bedryfslisensie vir die volgende 20 jaar toegestaan het. Green Connection se woordvoerder, Liz McDaid, sê die besluit om Koeberg se leeftyd te verleng, is vol dodelike foute:
# En, die filantroop en medestigter van Microsoft, Bill Gates, sê wanvoeding is die wêreld se grootste krisis vir kindergesondheid. Die Bill en Melinda Gates-stigting sê in ‘n verslag nóg 40-miljoen kinders sal teen 2050 weens klimaatsverandering vertraagde groei ondervind, terwyl nóg 28-miljoen weens vermorsing sal ly. Dit is die ergste en onomkeerbare vorm van wanvoeding as gevolg van klimaatsverandering. Gates sê nagenoeg 90-persent van die negatiewe gevolge van klimaatsverandering is in die voedselstelsel verteenwoordig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….