Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, sê Suid-Afrika verbeter sy herwinningsvermoë om plastiekafval te bestuur en plastiekbesoedeling uit te skakel. Die regering het in 2023 bepaal plastieksakke moet uit minstens 50-persent herwinde materiaal bestaan. Swarts sê die mikpunt is dat plastiek drasakke en swart vullissakke teen 2027 heeltemal uit herwinde materiaal vervaardig word.
# Die filantroop en medestigter van Microsoft, Bill Gates, sê wanvoeding is die wêreld se grootste krisis vir kindergesondheid. Die Bill en Melinda Gates-stigting sê in ‘n verslag nóg 40-miljoen kinders sal teen 2050 weens klimaatsverandering vertraagde groei ondervind, terwyl nóg 28-miljoen weens vermorsing sal ly. Dit is die ergste en onomkeerbare vorm van wanvoeding as gevolg van klimaatsverandering. Gates sê nagenoeg 90-persent van die negatiewe gevolge van klimaatsverandering is in die voedselstelsel verteenwoordig.
# Die skepping van ‘n hoë-definisie-beeld deur middel van kunsmatige intelligensie gebruik net soveel energie as om ‘n selfoon te herlaai. Dít is die bevinding van ‘n navorser oor die uitwerking van AI op die klimaat, Sasha Luccioni. Tegnologiereuse in Amerika het gemerk Google se vrystelling van kweekhuisgasse het verlede jaar met 48-persent gestyg teenoor 2020, en dié van Microsoft met 29-persent in dieselfde tyd. Luccioni vra dat energiedoeltreffendheid vir AI-algoritmes gesertifiseer word en vir groter deursigtigheid van tegnologiemaatskappye.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….