Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Johannesburg sê daar word saamgewerk om die vrystelling van kweekhuisgasse te beperk. Lugbesoedeling is veral in die winter ‘n probleem. Die grootste oorsake van lugbesoedeling in die metro is nywerheidsbedrywighede, die verbranding van huishoudelike afval, storting van mynafval en kragstasies. Die stad se woordvoerder, Virgil James, sê voertuig-uitlaatgasse dra sowat 30-persent by tot lugbesoedeling in die metro:
# Die suksesvolle voltooiing van ‘n proefprojek vir die opruiming van klerasie-, teksiel-, skoeisel- en leer-afval skep ‘n geleentheid vir soortgelyke veldtogte. Die projek, onder bestuur van die Nasionale Sentrum vir Skoner Produksie, het een-duisend-800 ton se onwettig ingevoerde produkte herwin. Die projekbestuurder, André Page, sê die model waarop die projek geskoei is, is gemik op werkskepping en die vermindering van afval, en bied ‘n geleentheid vir die Inkomstediens en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om die probleem van onwettige goedere te takel:
# En ten slotte: Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die stad se jaarlikse skoonmaakveldtog bekendgestel. Die publiek word aangemoedig om deel te neem aan die #SpringCleanCT-veldtog deur vullis op te tel, of ʼn skoonmaakveldtog in gemeenskappe te organiseer. Hill-Lewis sê vanjaar se veldtog sal ook fokus op die metro se gelukbringer teen rommelstrooi, Bingo:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….