Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Platinum-groep metaal- en chroomprodusent, Northam, het ‘n kragaankoop-ooreenkoms met ʼn onafhanklike kragverskaffer onderteken vir ʼn sonkragplaas van 80 megawatt by sy Zondereinde-myn in Limpopo. Die kragaanleg sal in 15-persent van die groep se energiebehoeftes voorsien en ʼn buffer bied teen kragonderbrekings. Northam se uitvoerende hoof, Paul Dunne, sê hulle sal steeds uitkyk vir ander son- of windkraggeleenthede om die land se energiesekerheid te help verseker:
# Die Stad Kaapstad sê hy is op die voorpunt van ‘n pro-aktiewe oorgang na energiesekerheid wat gekenmerk word deur rekord infrastruktuurbeleggings, insluitend 9,4-miljard-rand in die 2023/’24-boekjaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê hulle is van mening die Billike Energieoordrag is noodsaaklik vir Suid-Afirka se skoon-energietoekoms, volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei. Sy sê finansiering vir munisipaliteite is een van die noodsaaklike pilare om die volle potensiaal van Suid-Afrika se ontwikkelende hernubare energie ekostelsel te ontsluit:
# En ten slotte: Die Million Plus-veldtog onder leiding van Polyco NPC het ʼn ambisieuse doelwit om minstens ʼn miljoen Suid-Afrikaners te oorreed om plastiekverpakkings te herwin. Volgens die 2024-verslag van Global E-waste Monitor skep Suid-Afrika naas Egipte die tweede meeste e-afval in Afrika. Die veldtog wil plastiekbesoedeling bekamp en die land se natuurskoon bewaar deur deelname aan herwinningspogings aan te moedig. Die oorkoepelende doelwit is om plastiekbesoedeling uit te skakel en herwinning almal se standaard praktyk te maak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….