Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Mpumalanga se Toerisme- en Parke-agentskap sê ses leeus word tans gemonitor en dit lyk asof hulle goed aanpas in die Krugerwildtuin. Die agentskap se woordvoerder, Simphiwe Shungube, sê die diere kon nie na die Riverside-plaas in Malelane teruggebring word van waar hulle gekom het nie, want hulle is deur ‘n nuwe groep leeumannetjies weggejaag en sou vrekgemaak word of weer ontsnap het, en ‘n gevaar vir gemeenskappe skep:
# Die Stad Kaapstad sê die vestiging van Opvanggebiedbestuursforums sal die binnelandse watergehalte verbeter. Die Dieprivier-opvanggebiedbestuursforum is onlangs gestig, met sy onmiddellike voorkeure die identifisering van maatskaplike en omgewingsfaktore wat rivierbestuur negatief beïnvloed. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die forum het ook die taak om oplossings te vind vir die stedelike, landbou-, kommersiële en nywerheidsbesoedeling wat in lewensbelangrike riviere beland:
# En ten slotte: ‘n Toeris is dood en twee word vermis nadat ‘n ysgrot tydens ‘n toergroep se besoek aan ‘n gletser in Ysland ineengestort het. Die voorval het gebeur toe ‘n groep van 25 buitelandse toeriste van verskeie lande die gletser in die suide van die land verken het. Een persoon is ernstig beseer. Owerhede sê pogings om toerusting en personeel tot by die gletser te bring, is moeilik weens die ruwe terrein en die ys word grotendeels met die hand met kettingsae gesny.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….