Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad sê Suid-Afrika se plastiekverbruik en die gepaardgaande afval en omgewingsbesoedeling neem jaarliks met sowat drie-persent toe. Die raad se navorsingsgroep vir Volhoubaarheid, Ekonomie en Afval het ‘n strategiese instrument teen plastiekbesoedeling ontwikkel. Die navorsingsgroep het drie moontlikhede ondersoek en een daarvan is om verskeie strategieë saam te voeg. Dit sluit in dat die vraag na plastiek verminder word terwyl meer daarvan ingesamel en herwin word. Dit kan na verwagting plastiekbesoedeling in die land teen 2040 met 63-persent verminder.
# Mynmaatskappye oral in Afrika is besig om vinnig groen energie-oplossings te aanvaar wat aangevuur word deur ekonomiese aansporings en volhoubaarheidsdoelwitte. Al die lande op die vasteland het hulle op een of ander manier verbind aan nul-koolstofuitlatings, en koolstofverminderings en klimaatverandering word vooropgestel. Nedbank se hoof van Infrastruktuur, Energie en Telekommunikasie, Mike Peo, sê daar is ‘n aansienlike oorgang na hernubare energie, veral in lande soos Suid-Afrika en Kenia:
# En ten slotte: ‘n Internasionale navorsingspan verduidelik in ‘n verslag in Science Advances hoe die aanwending van stikstof besoedeling en die gevolge daarvan beduidend kan verlaag. Hul bevindings sluit in dat beter landboupraktyke, minder voedsel-afval en beter brandstofverbruik koolstofvlakke teen 2050 met tot 52-persent kan verlaag. Die maatreëls kan volgens die studie meer as 800-duisend voortydige sterftes verhoed en oesverliese teenwerk. Die navorsers beklemtoon die noodsaaklikheid van die bestuur van stikstof om wêreldwye omgewings- en gesondheidsdoelwitte te bereik.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….