Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Pols-oksimeters wat oorspronklik vir mense ontwerp is, kan meer doeltreffend aangewend word om die bloedsuurstofvlakke van renosters te monitor terwyl hulle verdoof en geïmmobiliseer is. Dit is bevind met navorsing aan die Universiteit van Pretoria. Die immobilisering van renosters om hulle horings te verwyder het ‘n roetine-prosedure vir veeartse geword wat met die diere werk om hulle teen stroping te beskerm. Dokter Thembeka Mtetwa van die universiteit sê die renoster se derde ooglid is die betroubaarste plek om die pols-oksimeter aan te heg:
# Bewaringsbewustes herdenk ‘n dekade van suksesvolle uitbreiding van beskermde gebiede binne die Vetplant Karoo-bioom van die Noord-Kaap. Oor die afgelope tien jaar het die Noord-Kaapse Grondprojek die verklaring van vyf nuwe natuurreservate en een nuwe beskermde omgewing moontlik gemaak. Daar word oor nog agt terreine onderhandel. Sodra dit voltooi is, sal dit altesaam 70-duisend hektaar tot bewaring bydra. Die wêreldwye doelwit is om 30 persent van land- en mariene omgewings teen 2030 te bewaar.
# En ten slotte: Die Amerikaanse wetenskaplike en ruimtevaarder, Sian Proctor, glo vriesdroog-tegnologie het die potensiaal om revolusionêre voedselpraktyke in Afrika te vestig. Volgens Proctor sal dit voedselsekerheid verbeter en afval verminder. Proctor wys daarop dat vriesdroging bevrore voedsel kan vervang, die behoefte aan verkoelingsgeriewe uitskakel en raklewe verleng. Sy voorsien mobiele vriesdrogingseenhede met sonkrag vir landelike gemeenskappe wat hulle in staat stel om voedsel te bewaar, toegang te gee tot afgeleë markte, en volhoubaarheid en veerkragtigheid met voedselverspreiding te verbeter.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….