Eko-minuut 13:30
BULLETIN 1 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, sê ‘n uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria om die Turkse maatskappy Karpowership se opwekkingslisensie om te keer, beteken die omstrede energie-ooreenkomste is nou amptelik dood en sal nie elektrisiteitpryse beïnvloed nie. Die lisensies wat deur die energie-reguleerder toegeken is, was deel van ‘n beplande ooreenkoms van 200-miljard-rand oor 20-jaar. Stefanie Fick van OUTA sê hierdie regsoorwinning beskerm die publiek teen ‘n duur en gebrekkige ooreenkoms:
# Die Universiteit van die Witwatersrand sê die Rhisotope-projek is amptelik in bedryf wat renosters doeltreffend deur kerntegnologie sal beskerm. Die projek wil onwettige handel in renosterhoring bekamp deur laevlak-radio-aktiewe isotope in die horing te plant. Die projek se uitvoerende hoof, Jessica Babich, sê hierdie radio-isotope kan opgespoor word deur toerusting by landsgrense reg oor die wêreld wat sal toelaat dat gesmokkelde horings onderskep word:
# En SANParke sluit vandag by die res van die wêreld aan om Mariene Bewaringsgebiede-dag te vier met die tema, Oseaanbeskerming het menslike kontak nodig. Die dag gee erkenning aan die belangrike rol wat mariene bewaringsgebiede speel in die bewaring van mariene verskeidenheid, beskerming van visserye, bekamping van klimaatsverandering en ondersteuning van kusgemeenskappe. Suid-Afrika se oudste mariene bewaringsgebied is Tsitsikamma in die Tuinroete Nasionale Park. SANParke sê hy is verbind tot die versterking van ekologiese integriteit en die bevordering van maatskaplike gelykheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….