Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Vandag is Wêreld-olifantdag, ‘n dag waarop die bewaring en beskerming van die diere wêreldwyd bevorder word. Vanjaar se tema is om pre-historiese skoonheid te verpersoonlik en te let op teologiese en omgewings-belangrikheid. Olifante is bekend as van die vriendelikste diere op aarde en speel ‘n belangrike rol in die balansering van ekostelsels. ‘n Wetenskaplike van die Max Planck-instituut vir Dieregedrag, Steven Blake, sê olifante is eenvoudig nóg ‘n natuurlike hulpbron wat vasgevang is tussen menslike gierigheid aan die een kant en menslike behoeftes aan die ander kant.
# Die grootste deel van die wêreld sal teen 2050 te warm wees om die Olimpiese Spele aan te bied, met dele van Noord-Amerika wat na raming natbol-temperature van meer as 32-grade Celsius sal ervaar. Dit is die mening van CarbonPlan, ‘n klimaatswetenskap en ontledingsgefokusde organisasie sonder winsbejag. Nat-bol-globale temperature is ‘n kombinasie van hitte, ongemak, windspoed, die son se hoek, en wolkbedekking. Die grootste deel van Oos-China, insluitend Beijing en Shanghai, sal ver bo die perk wees. CarbonPlan sê Londen, Oslo en Stockholm kan meer aantreklik vir die Spele wees.
# En ten slotte: Wetenskaplikes het ‘n merkwaardig maklike manier ontdek om skadelike mikroplastiek uit water te haal – deur dit te kook. Wetenskaplikes sê indien water voor gebruik gekook word, kan dit tussen 25- en 90-persent van die mikroplastiek daarin verwyder. Die span van die Guangzhou-universiteit in China sê hierdie eenvoudige kookstrategie kan nano- en mikroplastiek uit kraanwater suiwer en beskik oor die potensiaal om die menslike inname van plastiek deur water skadeloos te laat.
BULLETIN X (Maand) X vm/nm
Goeiemôre/Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
#
#
#