Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging is bekommerd oor Eskom se mislukte bod om netwerk-vermoë te reserveer vir hernubare energieprojekte wat deur die staat aangekoop is. Die Nasionale Energiereguleerder het verklaar dat Eskom se aansoek onduidelik en vaag is. Na die mislukking van bodvenster ses van die Hernubare Energie Onafhanklike Kragprodusente-verkrygingsprogram, is geen bod vir windkragprojekte toegeken nie weens ‘n gebrek aan netwerktoegang. Die vereniging sê bodvenster sewe, wat poog om vyf-duisend megawatt nuwe opwekkings-vermoë te bekom, sal waarskynlik ook misluk.
# Die E-afvalherwinningsowerheid wil vanjaar ‘n nul-persent-koers vir afval na stortingsterrein bereik. Elektroniese afval neem vyf keer vinniger toe as gedokumenteerde e-afvalherwinning wêreldwyd. Die owerheid het verlede jaar 22-persent van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se nasionale teiken vir e-afval-insameling in die land gehaal. Dit het ook 91-persent van sy e-afval-insamelingsteiken bereik. Die owerheid sê daar is goeie vordering gemaak met die insameling van e-afval in die inligting- en kommunikasie-tegnologie, en huishoudelike toestelle se bedrywe.
# En ten slotte: Die Departement van Water en Sanitasie sê hy is tevrede met die gemeenskap se betrokkenheid om die Tyhume-rivier in die Oos-Kaap skoon te maak. Die departement het begin om die rivier, wat deur die Raymond Mhlaba-munisipaliteit vloei, skoon te maak as deel van sy Skoon Riviere-veldtog. Bolekwa Kama van die departement sê die voortslepende probleem van onverwerkte riool in rivierstelsels bly ʼn groot bron van kommer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….