Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die onlangse swaar reën in die Wes-Kaap het besoedeling in riviere en op strande veroorsaak. Plastieksakke, babakosverpakkings, mikroplastiek, mediese afval, skoene en ander kledingstukke is op strande en riviere aangetref. Suid-Afrika dra 35-persent by tot plastiekbesoedeling wat in waterweë en die marine-omgewing in Suider- en Oos-Afrika beland. Volgens die Internasionale Natuurbewaringsvereniging is besoedeling nie net ‘n omgewingsprobleem nie, maar ook ‘n menslike probleem.
# Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls vier ‘n mylpaal na die vrylating van ‘n duisend pas-uitgebroeide Afrika-pikkewyne in die natuur vanjaar. Die stigting in Kaapstad, wat die eiers in broeikaste uitgebroei het, beklemtoon sy noodsaaklike rol om die uitwissing van die bedreigde spesie te voorkom. Die stigting sê die prestasie benadruk sy deurlopende verbintenis tot die bewaring van seevoëls.
# En ten slotte: Die Universiteit van Pretoria het ‘n nuwe tienjaar-navorsingsprogram bekendgestel wat op voorkoming van beserings onder veldwagters fokus. Volgens die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn sal veldwagters in die volgende dekade byna ʼn derde van die planeet moet beskerm. Professor Carel Viljoen sê die navorsingsprogram wil ʼn databasis opbou wat vir toekomstige navorsingsprojekte gebruik kan word en gemik is op die voorkoming van beserings onder veldwagters in Afrika:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….