Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Dube se handelshawe in KwaZulu-Natal het die afgelope vyf jaar meer as 200 hektaar grond bekom om die omgewing naby sy ontwikkelings te beskerm. Die doel is om ‘n Durbanse Aërotropolis van tien-duisend-hektaar te skep. Tagtig-persent van die nuwe grond is vleilande wat by die 854-hektaar kom wat reeds bewaar word. Die omgewingsbestuurder, Zama Dlamini, sê uitkomste is positief en sluit die teling van die mahem-kraanvoël in, asook die beskerming van die bedreigde Pickersgill-rietpadda. Hierdie spesies sal gereeld gemonitor word in samewerking met die Endangered Wildlife Trust en die King Shaka-internasionale lughawe.
# Die Woodyglen-gemeenskap in Hammarsdale, KwaZulu-Natal, kan nou uitsien na kostebesparings en verminderde energieverbruik. Die eThekwini-munisipaliteit het die installering van sonkrag-geisers in 700 huise voltooi. Die projek is gemik op die aansienlike vermindering van kragverbruik en koste. Die projekbestuurder van Gemmed Services, Lungele Ngcobo, het die toestelle se duursaamheid beklemtoon met ‘n lewensduur van 15 jaar en ‘n een-jaar-waarborg.
# En dis vandag die internasionale dag vir die bewaring van die wortelboom-ekostelsel, en die Verenigde Nasies vra dringende optrede om hierdie buitengewone ekostelsels te bewaar. Wortelbome en seegras-velde is kus-ekostelsels en maak ʼn klein gedeelte van die totale oseaan-gebied uit. Wortelbome word wêreldwyd in 123 lande aangetref en beslaan ʼn beraamde 15,2-miljoen hektaar. Die VN reken meer as ʼn driekwart van die wêreld se wortelbome word bedreig, asook die water- en landorganismes wat daarvan afhanklik is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….