Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, verwelkom die Appèlhof se beslissing dat die verbod op die gebruik van hommeltuie, afstandbeheerde bote met aas en ander afstandbeheerde toestelle om vis te vang, van krag bly. Visvang met hommeltuie gee hengelaars ‘n aansienlike voordeel bo gewone hengelaars omdat hulle hul hoek en aas baie verder van die kuslyn kan plaas as diegene wat dit met ʼn visstok ingooi. George sê die uitspraak is ʼn betekenisvolle oorwinning om see-ekostelsels te beskerm.
# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal sê Rampbestuurspanne bly steeds op ‘n hoё gereedheidsgrondslag regoor die provinsie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande met ‘n uiters hoё brandgevaar in die noordelike dele van die provinsie vandag. Woordvoerder Senzelwe Mzila sê gemeenskappe in hierdie gebiede is reeds geraak deur veldbrande en verdere voorsorgmaatreëls is nodig om bykomende skade te voorkom en die veiligheid van inwoners te verseker:
# En ten slotte: Die Europese Hof van Ouditeure sê die Europese Kommissie is ver daarvandaan om sy mikpunt te haal om groenwaterstof-brandstof te vervaardig en in te voer. Die kommissie het teikens daargestel om teen 2030 tot tien-miljoen-ton hernubare waterstof te lewer. Hulle beplan ook om teen 2030 minstens 40-gigawatt elektroliseerders aan te bring. Die hof se woordvoerder, Stef Blok, sê die teikens van die kommissie is gegrond op politieke wil en nie op robuuste ontledings nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….