Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die driedaagse klimaatsveranderingsimposium van Nasionale Tesourie het in Pretoria begin. Die tema, Om die Naald te Beweeg, gaan oor klimaatsverandering en billike oordrag, en die rol van die Nasionale Tesourie. Die doel is om klimaatsdoelwitte by die makro-fiskale en finansiële beleid te integreer en regeringskoördinering te verbeter deur klimaatsveranderings-kwessies deel te maak van die fiskus. Georgina Ryan van die Tesourie sê Suid-Afrika se Billike Energieoordrag sal onder die vergrootglas kom:
# Die Dubaise Internasionale Lughawe bied tans die wêreldbekende Suid-Afrikaanse natuurlewefotograaf, Chris Fallows, se jongste uitstalling, Die Elfde Uur, aan. Hy het meer as drie dekades lank die planeet se majestueuse natuurlewe-ikone wat op die rand van uitsterwing is, gefotografeer. Die uitstalling se foto’s wissel van olifante wat deur stropers en ivoorhandel uitgewis word tot swerwer-albatrosse waarvan 15 uit die 22 spesies besig is om uit te sterf. Fallows sê mense moet meer doen om die natuurlewe te beskerm:
# En ten slotte: Egiptiese aasvoëls, wat dekades gelede in Suid-Afrika uitgesterf het, gaan weer by Hartbeespoort in Noordwes hervestig word. Die twee Egiptiese aasvoëls wat van World Bird Sanctuary en San Diego Zoo Wildlife Alliance in Amerika ingevoer is, word deel van VulPro se broeiprogram. Hulle is tans onder kwarantyn in Johannesburg se Lorypark-dieretuin. Hulle sal uiteindelik by die Shamwari privaat wildreservaat in die Oos-Kaap hul tuiste vind. VulPro se stigter, Keri Wolter, sê die Egiptiese aasvoël wat ook Farao se Hoender genoem word, is een van die wêreld se interessantste voëls.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….