Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak ses-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en skadelike golwe, wat vandag tot oorstromings en moontlike modderstortings in Kaapstad kan lei. ’n Reeks kouefronte gaan die Wes-Kaap hierdie week tref. Sonica Lategan van die stad se ramprisikobestuursentrum sê die voorspelling sal waarskynlik die uitwerking van die huidige gure weer vererger:
Suid-Afrika se toerisme-sektor word ontwrig deur uiterste weerstoestande, insluitend oorstromings en ‘n tornado. Die navorser Kaitano Dube sê die toestande, aangevuur deur stygende globale temperature, het kus-infrastruktuur en toerisme-aantreklikhede beskadig. Kusgebiede, veral in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, is erg geraak en het ‘n invloed op gastehuise, hotelle en avontuur-bestemmings. Binnelandse gebiede soos die Kruger-wildtuin ondervind erge droogte en oorstromings wat toerisme-infrastruktuur en ekonomiese potensiaal benadeel.
# En ten slotte: Die Brandbeskermingsvereniging in Mpumalanga het bekendgemaak alle brandpermitte is opgeskort weens ‘n omvattende brandseisoen. ‘n Woordvoerder van die vereniging, André Scheepers, sê 26 brande is sedert Vrydag in verskeie gebiede aangeteken in plantasies, privaat wildreservate en in die veld. Kenners glo aardverwarming sal die situasie vererger. Scheepers het aan die SABC gesê een-duisend hektaar het gebrand en daar is steeds nege aktiewe brande in die Laeveld:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….