Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n koue front gaan hierdie week dele van Gauteng tref en lae temperature en reën tot gevolg hê. Die woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, Robert Mulaudzi, sê hulle is gereed om veral inwoners in plakkerskampe te help omdat hulle die kwesbaarste is:
Die eerste van talle koue fronte het gister die land bereik en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê rampspanne hou die gevolge van die gure weer dop. Erge donderstorms, skadelike wind en swaar reën het gister in die provinsie voorgekom en oorstromings is in die Weskus en Kaapse Wynland-distrik aangemeld. Winde sê ʼn vlak ses-waarskuwing is uitgereik vir ontwrigtende sneeuval oor die berge asook die suidelike hoogliggende gebiede van die Namakwa-distrik:
# En ten slotte: Junie was warmer as enige ander Juniemaand op rekord en die 13de opeenvolgende maand met temperature wat 1,5-grade Celsius hoër is as die gemiddeld tussen 1850 en 1900. Dit is volgens die Europese klimaatsdiens, Copernicus. Wêreldleiers het in 2015 die Paryse Verdrag onderteken en beloof om te keer dat temperature wêreldwyd met meer as 1,5-grade Celsius styg. Copernicus-wetenskaplikes sê daar is hoop dat die hittegolwe met rekord-temperature binnekort sal ophou, maar nie die klimaats-chaos wat daarmee gepaardgaan nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….