Eko-minuut 13:30
BULLETIN 3 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# TotalEnergies beplan om afstand te doen van gaskondensaat-ontdekkings langs die Suid-Afrikaanse kus om eerder te fokus op gebiede nader aan Namibië. Die maatskappy het 7,4-miljard-rand bestee aan die Brulpadda- en die Luiperd-veld, maar twyfel oor die kommersiële haalbaarheid weens die klein gas-mark in Suid-Afrika. Die vertrek sal na verwagting planne benadeel om afhanklikheid van steenkool te verminder. Africa Energy Corporation het ook aangekondig hy onttrek van die gesamentlike ooreenkoms met TotalEnergies. Wetgewende vertragings en omgewingsveldtogte het die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse olie- en gasvelde beïnvloed.
# Die Nasionale Kruger-wildtuin maak gereed vir die komende winter-brandseisoen, wat deurslaggewend is vir die Savanna-bioom. Na ‘n seisoen van laer reënval, verwag die wildtuin tussen tien- en 15-persent van die gebied gaan brand, wat laer is as vorige jare. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê veldwagters het met beheerde brande begin om die risiko van veldbrande te versag, en dit word gesteun deur gevorderde monitering en samewerking met die Groter Kruger-brandbestrydingsvereniging:
# En, WaterCAN vra elf munisipaliteite in ses provinsies om inwoners te waarsku teen besmette kraanwater. Hoewel water vir gehalte getoets is en nie geslaag het nie, het munisipaliteite nie verpligte kennisgewings uitgereik dat water gekook moet word nie, ‘n oortreding van die Wet op Waterdienste. Die uitvoerende bestuurder van WaterCAN, Ferrial Adam, beklemtoon hierdie versuim stel lewens in gevaar aangesien die Bloudruppelverslag aandui 46-persent van drinkwater voldoen nie aan mikrobiologiese standaarde nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….