Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Wêreldekonomiese Forum 2024 se verslag oor energie-oordrag toon vordering, maar beklemtoon die verliies aan momentum weens globale onsekerheid. Die Indeks van Energie-oordrag, wat 120 lande dophou, toon beduidende vordering in energiedoeltreffendheid en die aanvaarding van skoon energie. Hoë energiepryse knou egter die momentum en benadeel energie-gelykheid. Geopolitieke risiko bly ook ‘n groot uitdaging vir energiedoeltreffendheid.
# Inwoners van Biesiesvlei in Noordwes het die departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing gekritiseer vir sy beweerde oponthoud met optrede ná die skade aan die omgewing weens brande op die terrein vir ou bande. Die brand het tydens veldbrande ontstaan, enkele maande nadat inwoners hul kommer uitgespreek het oor die agteruitgang van die omgewing en die brandrisiko by die bande-depot. Die depot vir ou bande by Lichtenburg is een van 14 onder bestuur van die departement se Buro vir Afvalbestuur.
# En, navorsers by die Wits-universiteit sê klimaatsverandering hou groter gevare vir ongebore babas in as wat voorheen vermoed is. Dit kan selfs hulle gesondheid en welstand later in hul lewens beïnvloed. Klimaatsverandering is moontlik een van die grootste probleme vir openbare gesondheid in menseheugenis. Professor Matthew Chersich en navorsingsklinikus, Darshnika Lakhoo, sê die uitwerking van hitte op die ongebore baba kan op vele maniere voorkom. Dit sluit in dat die ma sukkel met siektes soos pre-eklampsie en diabetes, en die toenemende gevaar van te vroeë geboortes en ander probleme tydens geboorte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….