Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy sê die gesondheid en welstand van gemeenskappe, veral in landelike gebiede, is nou verbind met die gesondheid en produktiwiteit van die grond. Die woordvoerder van die departement Peter Mbelengwa sê land en grond is noodsaaklik vir voedsel, hernubare energie en watersekuriteit, wat deurslaggewend is vir mense se oorlewing:
# ‘n Suid-Afrikaanse inisiatief wat vullis in gemeenskapsbemagtiging omskep, is vir die toonaangewende EarthShot-prys benoem. Litter4Tokens is in 2015 gestig en het verhoed dat meer as 2,2-miljoen sakke vullis die see bereik deur mense met koopbewyse te vergoed wanneer hulle rommel inhandig. Die inisiatief wat omgewingsvolhoubaarheid kweek, is vir die kategorie “Build A Waste-Free World” benoem. Dit het reeds een-duisend-800 werksgeleenthede geskep in onder meer KwaDukuza en Gqeberha.
# En, wetenskaplikes aan die Universiteit van Cambridge in Engeland het bevind die skottelgoedsponsie kan aardverwarmende koolsofdioksied uit die atmosfeer opsuig. Hulle het dit met geaktiveerde koolstof soos ‘n battery gelaai en bevind dit kan koolstofdioksied direk uit die lug absorbeer. Hulle het die koolstofdioksied en koolstof geskei deur die spons tot tussen 90 en 100 grade Celsius te verhit en só die bindings tussen die koolstofdioksied en hidroksied-ione afgebreek. Hulle sê hul tegniek vereis baie minder energie en kan deur slegs hernubare energie aangedryf word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….