Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# ’n Tornado het Tongaat in KwaZulu-Natal gistermiddag getref en groot skade aan paaie en infrastruktuur aangerig. Die provinsiale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê bome is ontwortel, wat paaie versper en groot verkeersknope veroorsaak het. Verskeie voertuie is beskadig en tientalle inwoners moes uit hul huise vlug. Die departement sê hy wag op voorlopige verslae oor die omvang van die skade.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê intussen die tornado, gepaard met ontwrigtende reën en sterk wind, het ook chaos veroorsaak in Ballito en Durban se middestad. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Die hoof-weervoorspeller, Kevin Rae, sê nog reën en moontlik ook sneeu word verwag in die hoogliggende gebiede van die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal:
# En ten slotte: Die Europese Klimaatstigting sê welgestelde mense in alle lande moet meer geld gee waarmee die klimaatkrisis gepak kan word. Arm lande sukkel tans om die geraamde 23-miljard-rand per jaar van eksterne bronne in te samel om vrystellings te beperk en die gevolge van die klimaatskrisis te hanteer. Die stigting se uitvoerende hoof, Laurence Tubiana, sê die wêreld se een persent rykste mense is verantwoordelike vir meer kweekhuisgas-uitstralings as die 66 persent aan die ander kant van die skaal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….