Eko-minuut 13:30
BULLETIN 24 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, het aangekondig dat meer as seweduisend geboue voor Desember se sperdatum vir ‘n Energieprestasiesertifikaat geregistreer het. Altesaam drie-duisend-884 sertifikate is sedert Desember 2020 uitgereik, met Gauteng wat voorloop met een-duisend-689. Ingevolge die Nasionale Energiewet moet staatsgeboue van meer as een-duisend vierkante meter en kommersiële geboue van meer as twee-duisend vierkante meter die sertifikate vertoon. Graham-Maré moedig eienaars van groot geboue aan om te registreer, met die doel om ‘n teiken van 60-duisend te bereik:
# Die uitvoerende hoof van Seriti Resources, Mike Teke, sê die oorskakeling van steenkool na ‘n breër energiebedryf wys op Afrika se behoefte aan ‘n sterk energiebasis. Teke het tydens die Steenkool- en Energie-Oorgangdag in Johannesburg, in ‘n onderhoud met Mining Weekly gewys op die belangrikheid van beleggings in Seriti Green, en nuwe steenkoolbedrywe soos Nodiers Bank in Carolina. Hy het ‘n gebalanseerde benadering, verbintenis tot omgewings-, maatskaplike en bestuursdoelwitte beklemtoon om steenkoolproduksie vir die volgende 20 jaar te gehandhaaf:
# En die Internasionale Geregshof het beslis state het ‘n regsverpligting om op te tree teen klimaatsverandering, anders word menseregte oortree. Dit sluit die verpligting onder die Paryse Verdrag in wat aardverwarming wil beperk tot 1,5-Celsius bo dié voor die nywerheidsera. Die hof het ook bevind ontwikkelende lande het die reg om skadevergoeding te eis vir die uitwerking van klimaatsverandering. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, verwelkom die uitspraak:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….