Eko-minuut 13:30
BULLETIN 16 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Kaapstad het omsetters ter waarde van 10,9-miljoen-rand by 27 pompstasies aangebring om sy program teen beurtkrag ‘n hupstoot te gee en rioolstorting te voorkom. ʼn Ononderbroke kragtoevoer verbeter die betroubaarheid van die sanitasiestelsel en beperk rioolstortings se uitwerking op die omgewing. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die omsetters is ook ʼn pro-aktiewe stap om die omgewings-uitwerking op die stad se waterweë te beperk:
# Suid-Afrika se Onderwys- en Opleidingsowerheid vir die Chemiese-sektor gaan die eerste spesialis-opleidingsentrum vir groen waterstof tot stand bring. Groen waterstof is in groot aanvraag in lande wat koolstofuitlatings wil verminder, veral in sektore soos vervoer en swaar nywerhede. Die owerheid se uitvoerende hoof, Yershen Pillay, sê die sentrum sal in staat wees om die vereiste tegniese vaardighede te verskaf, terwyl talle van Suid-Afrika se chemiese ingenieurs opleiding kan ontvang om hulle as waterstofstelsel-ingenieurs te kwalifiseer:
# En, uiterste hitte en rampe wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, beïnvloed sleutel neurologiese siektes en geestesgesondheidsversteurings. Dit is die gevolgtrekking van ‘n studie deur die Universiteitskollege van Londen. Navorsers het bevind omgewingsfaktore beïnvloed nie slegs die voorkoms van siektes nie, maar verhoog die gevaar van verwante risiko’s soos hospitaal-opnames, ongeskiktheid en selfs die dood. Die navorsers het 19 verskillende senustelsel-toestande ondersoek. Professor Sanjay Sisodiya sê daar is duidelike bewyse dat die klimaat ‘n uitwerking het op sommige breinsiektetoestande, veral beroertes en besmettings van die senustelsel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….