Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Energie- en Watersektor Onderwys-opleidingsowerheid het fase 2 van die Billike Energie-oordrag-program in Limpopo van stapel gestuur. Vroue in elektriese en hernubare energievelde sal by sewe kolleges gespesialiseerde opleiding ontvang. Hierdie projek het ten doel om die geslagsgaping te oorbrug in bedrywe wat deur mans oorheers word, en sal bydra tot ekonomiese groei en omgewingsvolhoubaarheid. Die program fokus daarop om vroue te verbeter vir opkomende geleenthede in die hernubare energiesektor.
# ActionSA in Tshwane sê die aansienlike vordering by die Rooiwal-watersuiweringsaanleg is prysenswaardig. Teen September vanjaar sal meer as 39-duisend huishoudings in Hammanskraal die langverwagte versekering van skoon en veilige drinkwater ontvang. Tshepiso Modiba van ActionSA sê toegang tot skoon water is nie net noodsaaklik vir inwoners se algemene welstand nie, maar ‘n katalisator vir groei en vooruitgang:
# En ten slotte: Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n tweeparty-wetsontwerp onderteken om invoere van verrykte uraan uit Rusland te verbied. Dit word hoofsaaklik in kernkrag-aanlegte gebruik. Rusland, die wêreld se top verskaffer van verrykte uraan, voorsien sowat 20-persent van al Amerika se kernbrandstof. Die verbod op invoere vir kragstasies tree oor 90 dae in werking. Die wetsontwerp bied tot 2028 kwytskelding aan nutsdienste wat hul kernreaktors sal moet sluit sodra die voorraad uit Rusland opgedroog het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….