Eko-minuut 13:30
BULLETIN 13 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# ActionSA sê hy gaan ‘n landwye toer onderneem wat sal fokus op rioolinfrastruktuur-probleme regdeur Suid-Afrika. Die ondersoek sal begin met besoeke aan plekke waar riool-infrastruktuur ineengestort het in Kaapstad, Oos-Londen, Makhanda en Welkom. Die party is reeds sedert 2022 in ‘n hofstryd gewikkel met die eThekwini-munisipaliteit, oor die ineenstorting van sy riool-infrastruktuur wat gemeenskappe, riviere en die kuslyn besoedel het. Michael Beaumont van ActionSA sê die toer sal ook met praktiese oplossings vorendag kom om die land se rioolinfrastruktuur-probleme op te los:
# Die gekose komitee van die Parlement oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Water en Sanitasie en Menslike Nedersettings het eenparig die Wetsontwerp op Nasionale Waterbron-infrastruktuur-agentskap aanvaar. Dit wil ‘n volhoubare, billike en betroubare voorraad water verseker deur die nasionale waterbronne-infrastruktuur, terwyl grondwetlike vereistes nagekom word. Die voorsitter van die komitee, China Dodovu, sê hulle steun is gegrond op die geloof dat die agentskap ‘n uitwerking sal hê op mense se lewens deur die voorsiening van water te verseker deur infrastruktuur te skep.
# En ten slotte: Die minister van Bosbou, Vissery en die Omgewing, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika, wat die tuiste is van talle trekvoëls, erken die dringendheid om die afname in insekbevolkings te pak. Insekte speel ‘n noodsaaklike rol in die oorlewing van migrerende voëlspesies want dit is ‘n noodsaaklike bron van energie. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê die onstellende afname in insekbevolkings wêreldwyd hou ‘n aansienlike gevaar vir trekvoëls in:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….