Eko-minuut 13:30
BULLETIN 6 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Mariene-bioloë vra dat meer gedoen moet word om die Groot Koraalrif te beskerm. Die Australiese Instituut vir Mariene-wetenskap skat dat 73-persent van die koraalrif onder verbleiking deurloop. ʼn Klimaatwetenskaplike, Ove Hoegh-Guldberg, sê die vernietiging van mariene ekostelsels is ʼn doodsvonnis vir ongeveer ʼn kwart van alle spesies wat van riwwe afhanklik is vir oorlewing. Hy sê dit bedreig ook sowat een-miljard mense wat vir hul voedsel en voortbestaan op vis uit die riwwe staatmaak.
# Wetgewers in Kenia eis die afdanking van die land se minister van Landbou, Mithika Linturi, nadat vals kunsmis versprei is deur ‘n regeringsubsidie-skema. Die Parlement het oorweldigend gestem vir Linturi se afdanking en beskuldig hom van die oortreding van integriteitsreëls en die misbruik van staatsgeld. Linturi ontken hy het oortree en het ‘n interne ondersoek ingestel.
# En, dit is hierdie week Internasionale Komposbewustheidsweek en die Stad Kaapstad gaan ʼn reeks gemeenskapsgeleenthede aanbied. Dit is daarop gemik om bewustheid te skep oor die kritieke kwessie van organiese afval in stortingsterreine. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê gegewe die kommerwekkende tempo waarteen organiese afval stortingsterreine vul en tot klimaatsverandering bydra, is dit noodsaaklik dat inwoners voorkomende maatreëls tref:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….