Eko-minuut 13:10
BULLETIN 4 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die ministeriële taakspan oor vrywillige uittrede-moontlikhede en -roetes uit die geblikte-leeubedryf sê bedryfsverenigings vra reeds baie lank beter wetstoepassing. Suid-Afrika het die grootste aantal leeus in aanhouding ter wêreld, en daar is tans sowat sewe-duisend-800 van hulle in 348 teelgeriewe. Kam Chetty van die taakspan sê aansporings sal aan telers gebied word om die bedryf te verlaat:
# Suid-Afrika het baie omgewingswette, maar geen wet wat regeringsamptenare spesifiek verplig om die risiko’s en uitwerking van klimaatsverandering in ag te neem wanneer hulle nuwe ontwikkelings goedkeur nie. Dit is die bevinding van navorsing deur Wits se omgewingsregs-kundiges, Clive Vinti en Melanie Jean Murcott. Die kenners sê die grootste leemte is die feit dat geen wet maatskappye wat myne vestig of nuwe ontwikkelings soos kragstasies bou, spesifiek verplig om ‘n klimaatsveranderings-beoordeling te doen voor hulle begin bou nie.
# En, reddingspogings duur voort ná die aardbewing van 7,4 wat Taiwan se ooskus gister geruk het. Minstens nege mense is dood en meer as duisend beseer. Reddingswerkers probeer nog om 77 mense te bereik wat in tonnels vasgekeer is. Meer as 100 geboue is beskadig in die skudding wat grondstortings en 50 na-skokke tot gevolg gehad het. Dit was die ergste skudding in Taiwan sedert 1999 toe twee-duisend-400 mens in ‘n aardbewing van 7,6 dood is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….