Cosatu versoek die regering om die forensiese oudit van die WVF vry te stel en op te tree
# Cosatu doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om onverwyld op te tree oor die forensiese oudit van die Werkloosheidsversekeringsfonds en die gepoogde wanbesteding met ‘n tender van vyf-miljard-rand aan Thuja Capital. Hulle eis die verslag moet in die openbaar vrygestel word en daar moet regsgevolge wees vir diegene wat geïmpliseer word. Die woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê hy ondersteun die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, se verbintenis om die WVF op te knap, om doeltreffende toegang tot geld vir werkers te verseker en bydraes te beskerm. Parks vra vir die dringende modernisering, deursigtigheid asook die beskerming teen korrupsie in die WVF en beskerming van die geld van werkers.