NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 22 November 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# ‘n Kaapse skeepsbouer het ‘n patrollievaartuig bekend gestel ná ‘n verhoogde interkontinentale vraag na maritieme verdediging en sekerheidsoplossings weens ‘n styging in gevalle van seerowery en gewapende konflik. Paramount Maritime is ‘n filiaal van die wêreldwye lugvaart- en tegnologie-onderneming, Paramount Group. Sy jongste 35-meter ballistiese patrollievaartuig is vanaf die Elliot-kom in die Kaapstadse hawe gelanseer. Die ‘MV Meedoi’ is ‘n byderwetse vaartuig beplan vir gebruik in ultramoderne sekerheid- en patrollie-operasies in die Golf van Guinee.
# Limpopo se Toerisme-agentskap sê hy ondersteun die 16de Suid-Afrikaanse Nasionale Parke-week wat vandag begin. Die agentskap se personeellede is na drie nasionale parke in die provinsie gestuur. ‘n Woordvoerder van die agentskap, Zaid Kalla, sê die week sal inwoners aanmoedig om die parke en verskeie ander besienswaardighede in die provinsie te besoek:
Speel klankgreep: ENG ZaidKallaOnTourism
Intussen het dié provinsie se premiersvrou, Maggie Mathabatha, vanoggend haar 60ste verjaardag by die Tooseng-dorpie gevier. Sy het haar verjaardagkoek met kinders van verskeie skole gedeel en kospakkies aan gesinne uitgedeel. Mathabatha sê die kospakkies sal handig te pas kom terwyl die land steeds ‘n stryd voer teen die Covid-19-pandemie.
# Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen, Tiger Woods, sê hy maak vordering ná sy motorongeluk in Februarie. Hy het ‘n video op sosiale media geplaas waar hy sy gholfstok swaai, met die onderskrif: “Making progress”. Woods het ernstige beenbeserings opgedoen toe hy buite Los Angeles beheer oor sy voertuig verloor het. Die PGA-toernooi se webtuiste sê daar is onlangse video’s van Woods waar hy loop en op sy eie staan, maar dit is sy eerste amptelike bywerking sedert die video in April waar hy met krukke staan.
# En Mej Suid-Afrika 2020, Shudufhadzo Musida, sê sy is verheug om uiteindelik op die internasionale verhoog te skitter. Sy het na die Mej Wêreld-kompetisie vertrek wat op die 16de van volgende maand in San Juan, Puerto Rico, gehou word. Die skoonheidswedstryd is weens die Covid-19 pandemie uitgestel. Musida sê sy is opgewonde om dit waarop sy in haar tydperk as Mej SA konsentreer het, naamlik die bewusmaking van geestesgesondheid, na ‘n internasionale gehoor te neem. Die Kaapstadse ontwerper Warrick Gautier was verantwoordelik vir die ontwerp van Musida se Ontwerper van die Wêreld-rok en uitrusting vir die finale optrede.
Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….