# Rugby: Die Nieu-Seelandse vleuel Mark Tele’a gaan die Blues die einde van die seisoen vir Japan verruil, wat beteken hy kan nie volgende jaar vir die All Blacks speel nie. Hy sal volgens berigte by Toyota Verblitz aansluit wat deur die gewese Nieu-Seelande afrigters Steve Hansen en Ian Foster gebrei word. Tele’a het 13 […]
# Die basketbal-ikoon LeBron James is die eerste beroeps-mansatleet wat deur die speelgoedmaatskappy Mattel as ‘n Ken-pop verewig is. Hierdie spesiale uitgawe wat in vennootskap met die LeBron James-familiestigting vervaardig is, vang die speler van Los Angeles Lakers se unieke klerestyl vas en is selfs langer as die standaard Ken-pop. James sê dit is ’n […]
# Universal Studios beplan om sy eerste temapark in Europa in Bedfordshire, Engeland, op te rig. Die park sal in 2031 sy hekke oopgooi as die grootste toeriste-aantreklikheid in Brittanje, en sal na verwagting in sy eerste jaar 8,5-miljoen besoekers lok. Universal het reeds temaparke in Orlando en Los Angeles in Amerika, asook in Japan, […]
# Rugby: Die Blitsbokke het ʼn wonderwerk nodig gehad ná hul nederlaag teen Groot-Brittanje. Hulle het dit gekry met ʼn naelskraapse oorwinning oor Argentinië en hul hoop op ʼn Singapoer-sege lewend gehou. Die Suid-Afrikaners het met rustyd ʼn voorsprong van twee punte bo die wêreldvoorlopers Argentinië gehad. Na ʼn spannende tweede helfte het die Blitsbokke […]
# Motorsport: Die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen het die baanrekord verbeter en die voorste wegspringposisie vir Sondag se Japannese Grand Prix voor Lando Norris van McLaren se neus weggeraap. Verstappen het ʼn blitsige ronde van een-minuut 26,983-sekondes in sy Red Bull behaal, met kampioenskapsleier Norris tweede en Oscar Piastri van McLaren derde. Verstappen, wat die […]
# Padwedlope: Khoarahlane Seutloali van Lesotho het die 2025 Twee Oseane-marathon gewen toe hy die wenstreep by die Universiteit van Kaapstad se rugbyvelde ná 3 ure, 10 minute en 46 sekondes oorgesteek het. Seutloali het die uitmergelende ultra-roete van 56 kilometer teen ʼn bestendige pas aangepak en die eerste man van Lesotho geword wat die […]
# Rugby: Die Suid-Afrikaanse sewes-span het met 38-10 teen Groot-Brittanje verloor in hul eerste wedstryd by die Singapoer-sewes. Philip Snyman se span het die grootste deel van die wedstryd net ses spelers gehad nadat Sebastiaan Job in die tweede minuut ʼn rooikaart gekry het. Die Suid-Afrikaners, Zain Davids en Dewald Human, se twee drieë vergelyk […]
# Die Regspraktykraad gaan aansoek doen dat die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, van die advokate-rol geskrap word. Die gewese EFF-parlementslid en huidige MK-party-verteenwoordiger is as hoof van die Suid-Afrikaanse waghond-organisasie verwyder ná ʼn Artikel 194-ondersoek na haar gedrag. Daar is bevind sy is onbevoeg vir die amp en is in September 2023 uit die […]
# Aandelemarkte in Amerika het hul ergste week sedert 2020 beleef terwyl Donald Trump se omvattende tariewe groot beroeringe in wêreldmarkte veroorsaak. Al drie hoof-aanwysers op Wall Street het vandeesweek meer as vyf-persent gedaal. Aandele in groot Amerikaanse maatskappye soos Nike en Apple wat produkte in Asiatiese lande met hoë tariewe vervaardig, het die meeste […]