# Die FBI het ʼn regter in die Milwaukee-distrik, Hannah Dugan, gearresteer en aangekla van regsverydeling nadat sy na bewering ʼn onwettige immigrant gehelp het om inhegtenisneming te ontduik. FBI-direkteur Kash Patel sê hulle glo regter Dugan het federale agente doelbewus mislei om te keer dat die Mexikaan, Eduardo Flores-Ruiz, in haar hof gearresteer word. […]
# Virginia Giuffre wat die Amerikaanse finansier, Jeffrey Epstein, en prins Andrew van seksuele mishandeling beskuldig het, het selfdood gepleeg. Die 41-jarige Australiër het Epstein en Ghislaine Maxwell in die openbaar van mensehandel beskuldig en beweer sy is gedwing om met hul vriende, insluitend prins Andrew, seks te hê toe sy 17 jaar oud was. […]
# Tennis: Die tweemalige kampioen, Alexander Zverev, is deur na die Madrid Ope se derde ronde. Die Duitser het Roberto Bautista Agut van Spanje met 6-2, 6-2 afgeransel om sy sesde agtereenvolgende oorwinning te behaal. Die derde-gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz vier sy terugkeer na die ATP-toer met ʼn sege oor die Australiër, Christopher O’Connell. Die […]
# Eskom sê daar is die afgelope 24 uur drie-duisend-320 megawatt opwekkingsvermoë herstel wat genoeg is om in die langnaweek se vraag te voorsien. Die kragvoorsiener het Donderdagmiddag fase 2-beurtkrag ingestel na verliese by eenhede en groter as verwagte aanvraag. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê daar is genoeg noodreserwes wat indien nodig strategies gebruik […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns het sy plek in die Konfederasie van Afrika-sokkerkampioeneliga se eindronde bespreek na ʼn een-elk-gelykopstryd teen Al Ahly in Kaïro. Die Egiptenare het in die 23ste minuut danksy Taher Mohamed ʼn voorsprong behaal. Yasser Ibrahim se eie doel in die 90ste minuut het sake vir Masandawana gelykop gemaak. Sundowns het die eerste […]
# Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê al sy voedselvoorrade vir Gaza is opgebruik. Dit volg nadat Israel die aflewering van humanitêre hulp die afgelope sewe weke blokkeer. Die VN sê hy het sy laaste voedselvoorraad aan koskombuise in Gaza gelewer en voeg by kos by hierdie kombuise sal in die komende dae opraak. Die organisasie […]
# Rugby: Johan Goosen het 16 punte bygedra toe die Bulle die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors, met 26-19 in Skotland verslaan het om in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap ʼn tuiswedstryd te verseker. Drie strafskoppe van Goosen het die besoekers teen rustyd ʼn geringe voorsprong gegee met Jamie Dobie wat ʼn drie vir die […]
# Hooggeplaastes van reg oor die wêreld, asook tienduisende roubeklaers word vanoggend by die Sint Petrusplein in Rome verwag vir pous Franciskus se begrafnis. Die 88-jarige pous is Maandag dood na ʼn beroerte en hartversaking. Mense kon van Woensdagoggend af hul eer betoon terwyl die pous se liggaam by die Sint Petrus-baseliek in ʼn oop houtkis […]
# Motorsport: Die wêreldbeheerliggaam, F-I-A, het die Amerikaanse motormaatskappy General Motors formeel goedgekeur as ‘n enjinverskaffer vir Formule Een vanaf 2029. Dit beteken dat Cadillac, wat volgende jaar die eerste keer deelneem, Ferrari-enjins sal gebruik tot General Motors se enjins amptelik bekragtig is. Die sport sal dus vanaf 2029 ses verskillende enjinverskaffers hê. Die ander […]