# Vanjaar se Cape Spring Xperience, ‘n opwindende leefstyl en musiekgeleentheid, gaan ‘n kleurvolle viering wees met verskeie lewende optredes. Die tema is Pastel and Floral. Van die kunstenaars wat gaan optree, is Zonke, Big Zulu, DJ Zinhle, Bravo le Roux, Jaziel Brothers, Mshay en Ismail Abrahams. Die organiseerders sê gaste kan uitsien na ‘n […]
# Mej Heelal Suid-Afrika, die 29-jarige gewese model en rolprent- en televisievervaardiger Melissa Nayimuli, gaan Suid-Afrika volgende maand verteenwoordig op die Mej Heelal-kompetisie in Thailand. Sy is in Butterworth in die Oos-Kaap gebore en haar ma is Xhosa en haar pa Ugandees. Nayimuli het in 2020 aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie deelgeneem, maar nie gewen nie, […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika staan by sy oproep vir die hervorming van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en globale realiteite moet beter weerspieël word. Die president is hierdie week by die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief gesê die huidige samestelling […]
# Eskom sê hy is vasberade om ladingvermindering teen Maart met 15- tot 20-persent te verminder en dit binne twee jaar uit te skakel. Die kragvoorsiener stel hierdie week ladingvermindering in dele van Gauteng in. Gebiede wat soggens minder krag sal ontvang, sluit in Naledi, Dobsonville, Mabopane, Winterveldt en Jabulani. Saans sal ladingvermindering geld in […]
# ‘n Professor in Regte, Pierre de Vos, sê die Madlanga-kommissie sal uiteindelik net suksesvol wees indien moontlike weerstand van instellings wat by bewerings betrek word, oorkom kan word. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, was verlede week die kommissie se eerste getuie. Hy het politieke leiers en senior polisiebeamptes daarvan beskuldig dat hulle misdaadsindikate beskerm […]
# President Cyril Ramaphosa sê die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York vind vandeesweek plaas te midde van ‘n uiters broos wêreldbestel wat op reëls gegrond is. Die sitting vind plaas onder die tema Beter saam: 80 jaar en langer vir vrede, ontwikkeling en menseregte. Ramaphosa het kort ná […]
# Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, het vier veranderings aangebring vir Saterdag se tweede Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië in Sydney. Die veteraan-stut James Slipper keer na ‘n besering terug vir sy 149ste toets. Tane Edmed sal die eerste keer in die opdrafspan speel in die plek van die beseerde Tom Lynagh. Dit is een […]