# President Cyril Ramaphosa het kommissarisse vir die Verkiesingskommissie aangestel wat vir ʼn termyn van sewe jaar sal dien. Dit volg na ʼn aanbeveling van die Nasionale Vergadering. Die kommissarisse is Joyce Pitso, regter Dhaya Pillay en Mosotho Moepya. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president wens die kommissarisse voorspoed toe om die integriteit […]
# Die bedryfsdirekteur en plofstofdeskundige van Gauntlet Security Solutions, Jimmy Roodt, is by die Nasrec-uitstalsentrum in Soweto in hegtenis geneem vir betreding. Die G20-leiersberaad word later die maand daar gehou. Roodt het onlangs gesê die land se belangrikste internasionale lughawens kan gevaarlik onvoorbereid wees vir ‘n bomdreigement. Die regering se adjunk-woordvoerder, William Baloyi, sê Roodt […]
# Honderde mense is in Tanzanië dood in drie dae lange betogings na Woensdag se algemene verkiesing. Die land se hoofopposisieparty, Chadema, het aan die AFP-nuusagentskap gesê “sowat 700” mense is dood in botsings met veiligheidsmagte. ʼn Diplomatieke bron in die land het aan die BBC gesê daar is geloofwaardige bewyse dat minstens 500 mense […]
# Die gematigde liberale leier, Rob Jetten, het na alle waarskynlikheid Woensdag se Nederlandse verkiesing gewen. Ontleders sê sy party kan nie meer verloor teen die teen-Islam, populistiese Geert Wilders nie. Jetten se D66-party het ʼn skraal voorsprong van 15-duisend stemme teenoor Wilders se Vryheidsparty en die Nederlandse nuusagentskap ANP sê selfs al is die […]
# Tennis: Jannik Sinner is na sy gemaklike oorwinning gister oor Ben Shelton in die Paryse Meesters se kwarteindronde weer ʼn stap nader aan die eerste plek op die wêreldranglys. Die Italianer het sy vyfde gekeurde teenstander met 6-3, 6-3 verslaan en kom nou teen die verdedigende kampioen, Alexander Zverev te staan nadat dié 2-6, […]
# Rugby: Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick en kaptein Siya Kolisi sê dit sal ʼn groot fout wees om Japan te onderskat wanneer hulle later vanmiddag uitdraf op Wembley-stadion vir hul eerste kragmeting in die November Internasionale wedstryde . Kolisi sê hulle is vasbeslote om die toer op ʼn hoogtepunt af te skop, veral met wedstryde teen […]
# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê klimaats-uitwerking neem toe en tog hou aanpassings-finansiering nie tred hiermee nie en word die wêreld se kwesbaarstes onbeskermd gelaat. Volgens ‘n verslag van die VN se Omgewingsprogram sal aanpassings-finansiering in ontwikkelende lande teen 2035 tot 12 keer meer wees as die huidige openbare vloei daarvan. […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê tariewe op Chinese goedere sal van 57- tot 47-persent verlaag word. Hy en die Chinese leier, Xi Jinping, het in Suid-Korea ontmoet. Trump het aan boord van Air Force One met joernaliste gepraat na sy besoek aan drie Asiatiese lande. Hy sê hy sal fentaniel-verwante tariewe van 20- […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sal vanmiddag mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Hy sal vrae oor dienslewering, betaling van munisipale skuld aan Eskom, grondhervorming en die regering se benadering tot die oneweredig hoë voorkoms van MIV by vroue en meisies hanteer. Mashatile sal ook ‘n bywerking gee oor die multi-sektorale samewerking en intelligensiegedrewe strategieë […]