# Die Gauteng Provinsiale Regering, in samewerking met die SAPD en Metropolisie, hou vandag geïntegreerde provinsiale diensleweringsoperasies in Ekurhuleni. Dit volg na die ondertekening van ‘n oorgrens-wetstoepassingsmemorandum in April. Die operasies is daarop gemik om misdaad te teiken, polisiesigbaarheid te verbeter en samewerking tussen agentskappe te versterk. Belangrike fokusareas sluit in nakoming, vullisverwydering, padinstandhouding en […]
# Action Society sê hulle is woedend dat die gewese Kaapstadse polisieman, Marius van der Westhuizen, weer mag aansoek doen vir parool. Hy is in 2006 skuldig bevind aan die moorde op sy drie kinders. Parool is in Junie verlede jaar aan Van der Westhuizen toegestaan, maar na formele hersiening teruggetrek deur die minister van […]
# Die regering vra die publiek om die polisie te help om diegene wat verantwoordelik is vir die moord op die 14-jarige Likhona Fosa in Roodepoort, Gauteng op te spoor. Die adjunkminister vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Steve Letsike, en die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo, het vandag die toneel in Durban Deep […]
# Die regspan van ‘n Australiese vrou wat van moord aangekla is nadat drie mense gesterf het weens haar tuisgemaakte kos, het die sterftes ‘n aaklige ongeluk genoem. Erin Patterson, wat vandag getuig het, het glo op 23 Julie 2023 beef wellington – wat dodelike duiwelsbrood-sampioene bevat het – by haar huis in Victoria gekook. […]
# Die onderwysvakbond SADTU het die 200-duisend jongmense wat gister as onderwysassistente en algemene skool-assistente begin werk het by 20 000 skole landwyd, verwelkom. ‘n Woordvoerder vir Sadtu, Nomusa Cembi, sê dit vorm deel van die Basiese Onderwys Indiensneming-inisiatief, ‘n vlagskipprogram van die presidensiële indiensnemingstimiluspakket. Volgens Cembi sal die hervatting van die program welkome verligting […]
# Die regering het die dood van ‘n Suid-Afrikaanse burger in Wes-Virginië in die VSA bevestig. Die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Minister Ronald Lamola het meegevoel met die bedroefde familie betuig. Suid-Afrika se ambassade in Washington DC, bied intussen volle konsulêre bystand aan die gesin: