# Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het sy jaarverslag vrygestel met ‘n lys van kommerwekkende menseregte-kwessies wêreldwyd, wat ook verwys na die verswakkende omstandighede verlede jaar in Suid-Afrika. Die verslag noem die ondertekening van die Onteieningswet wat grondbesettings sonder vergoeding toelaat, polisiebrutaliteit, geweld teen Afrikaner-boere en die mishandeling van plaaswerkers. Daar is ook verwysings […]
# Europese leiers en die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, gaan vandag aanlyn gesprekke met die Amerikaanse president, Donald Trump, voer. Hulle sal hom probeer oortuig om Kiëf se belange in ag te neem wanneer hy Vrydag in Alaska die oorlog met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, bespreek. Zelensky sal na Berlyn reis om die videokonferensie […]
# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, en die stadsbestuurder, Johann Mettler, kan moontlik tronkstraf kry as hulle nie die stad se varsproduktemark herstel nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het hulle 30 dae gegee om ‘n plan te beraam om dienste soos sekuriteit en rommelverwydering te verbeter, en om te verduidelik hoe 18-miljoen-rand vir opgradering […]
# Sokker: Engeland se beheerliggaam het die voormalige Premierliga-skeidsregter, David Coote, vir agt weke geskors oor aanmerkings wat hy verlede jaar oor die gewese afrigter van Liverpool, Jurgen Klopp, gemaak het. ‘n Video oor die aangeleentheid is wyd versprei. Coote sê hy het gedink hy was in ‘n privaat gesprek toe hy die aanmerkings gemaak […]
# Australia’s prime minister has accused his Israeli counterpart Benjamin Netanyahu of being “in denial” over the consequences of the war in Gaza. Anthony Albanese said frustration with the Israeli government had played a role in the decision to recognise a Palestinian state at the UN General Assembly in September. Israel is under increasing pressure […]
# ‘n Voormalige beskuldigde in die Joslin Smith-verhoor wat ‘n sleutelstaatsgetuie geword het, Laurentia Lombaard, vra vrywaring van vervolging. Haar prokureur, Eben van Tonder, het die Wes-Kaapse Hooggeregshof versoek om haar vry te spreek omdat sy gehelp het dat Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn lewenslange vonnisse kry. Lombaard het onthul Joslin is vir […]
# Die DA sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se herleefde Nasi iSpani-program het misluk en nie werkloosheid verminder nie, aangesien dit steeds hoog is teen 33,8-persent. Die party voer aan meer as 2,6-miljoen inwoners is sonder werk, insluitend meer as tien-miljoen jongmense wat nie toegang het tot onderwys, indiensneming of opleiding nie. Die DA-lid, […]
# Krieket: Dewald Brevis se skitterspel het Suid-Afrika gehelp om die tweede T20 teen Australië in Darwin met 53 lopies te wen en die gasheer se lopie van nege agtereenvolgende oorwinnings te stuit. Sy onoorwonne 125 van slegs 56 balle het die Proteas laat eindig op ‘n reuse 218 vir sewe. Australië se paaltjies het […]
# Action Society sê herhaalde regsvertragings in die aanrandingsaak van adjunkpresident Paul Mashatile se agt BBP-beskermingsbeamptes, is ‘n misbruik van die regstelsel. Die organisasie veroordeel die beskuldigdes se regspan dat hulle beweer daar is onvoldoende bewyse, wat veroorsaak dat die verhoor tot 11 September uitgestel is weens hoftranskripsies wat nog kort. Woordvoerder van Action Society, […]