# Boks: Die voormalige wêreldswaargewigkampioen George Foreman is na sy dood op 76 beskryf as ‘n ware vegter en legende. Die Amerikaner Mike Tyson sê sy landgenoot se bydrae tot die sport sal nooit vergeet word nie. Foreman het in 1974 teen Muhammed Ali verloor in ‘n wêreldtitelgeveg in die destydse Demokratiese Republiek die Kongo, […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz erken hy het swak gespeel toe hy uitgeskakel is in die tweede ronde van die Miami Ope in Amerika. Die Spanjaard het verloor teen die 55ste op die wêreldranglys, David Goffin, nadat hy verlede week die halfeindstryd van die Indian Wells-meesterstoernooi gehaal het. Die 21-jarige Alcaraz het 42 ongedwonge […]
# Motorsport: Die Formule Een-span Williams is met 985-duisend-rand beboet vir die verbreking van die sport se reëls oor kameras aan motors by die Chinese Grand Prix in Sjanghai. Baanbeamptes sê die span het nie beeldmateriaal van die voorwaartse en agterste draadlose kameras verskaf binne die vereiste tydsbestek nie. Hulle sê Williams het nie nagegaan […]
# Krieket: Twee Indiese Premierligawedstryde wag vandag op ondersteuners. Sunrisers Hyderabad verwelkom Rajasthan Royals om 12-uur Suid-Afrikaanse tyd. Om vier-uur kom Chennai Super Kings te staan teen Mumbai Indians. Die Protea-paaltjiewagter Heinrich Klaasen en die veelsydige Wiaan Mulder speel vir Hyderabad, terwyl die Engelse bouler Jofra Archer in Rajasthan se span is. Chennai spog met […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy voorneme aangekondig om die tydelike regstatus van 530-duisend migrante te herroep. Die migrante van Kuba, Haïti, Nicaragua en Venezuela is gemaan om die land te verlaat voordat hulle permitte en deportasie-beskerming voor die 24ste van volgende maand verval. Hulle het na Amerika gekom onder ‘n borgskapsprogram tydens […]
# ‘n Man wat beskryf word as Brittanje se waardevolste spioen binne Russiese intelligensie-agentskappe is in Surrey oorlede op 86. Oleg Gordievsky was ‘n kolonel in die KGB toe hy inligting deurgegee het aan Brittanje se sekerheids- en intelligensie-agentskappe, MI-5 en MI-6. Hy was onder polisiebeskerming nadat Moskou in 1985 agterdogtig geraak het, maar is […]
# Geen gemene spel word vermoed in gister se brand by ‘n elektriese substasie in Londen wat gelei het tot die algehele sluiting van een van wêreld se besigste lughawens, Heathrow, nie. Dit kon eers 16 uur later weer begin werk, wat wêreldwyd lugverkeerchaos veroorsaak het. Meer as 145-duisend passasiers is vermoedelik geraak. Die lughawe […]
# Die tweemalige wêreldswaargewigbokskampioen George Foreman is in die ouderdom van 76 oorlede. Sy familie het die nuus op Instagram bekendgemaak. Die Amerikaner het in 1974 ‘n beroemde botsing teen sy landgenoot Muhammed Ali verloor in ‘n wêreldtitelgeveg in Kinshasa in wat nou die Demokratiese Republiek die Kongo is en bekendgestaan het as die “Rumble […]
# Atletiek: Suid-Afrika se Olimpiese silwermedaljewenner, Akani Simbine, het die bronsmedalje ingepalm in die 60-meter vir mans op die wêreld-binnenshuise kampioenskap in Nanjing, China. Hy het in die halfeindronde sy persoonlike beste tyd van 6,53-sekondes behaal en in die eindstryd derde geëindig in 6,54, na Jeremiah Azu van Brittanje en die Australiër Lachlan Kennedy. Dit […]