# Die Universiteit van Kaapstad het van 171ste tot 150ste gestyg op die jongste QS-wêreld-universiteits-ranglys. Visekanselier Mosa Moshabela het die verbetering geprys as ‘n erkenning van die universiteit se tasbare uitwerking op navorsing en onderrig. Die instelling bly Afrika se hoogste gegradeerde universiteit. Belangrike sterkpunte sluit in globale navorsingsnetwerke, verwysings per fakulteit en volhoubaarheid. Die […]
# President Cyril Ramaphosa sê die toenemende konflik tussen Israel en Iran veroorsaak wêreldwye verwoesting, insluitend stygende brandstofpryse, ekonomiese onbestendigheid en lewensverlies. Ramaphosa waarsku die wêreld het ‘n gevaarliker plek geword as gevolg van die spanning wat aanhou toeneem. Hy versoek beide lande om die aanvalle te staak en hul verskille op te los, en […]
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ‘n ernstige agterstand van meer as 15-duisend onopgeloste sake. Met meer as vyf-duisend klagtes binne twee jaar was daar ‘n toename in oproepe vir vinnige, deursigtige verantwoordbaarheid namate die publiek se vertroue in wetstoepassing verminder. OPOD se woordvoerder, Lizzy Suping, het aan SABC News gesê slegs 168 ondersoekbeamptes is landswyd […]
# The Turkish president Recep Tayyip Erdogan says the escalating Iran-Israel confrontation is quickly reaching the point of no return. Iran and Israel have been at war for eight days after Israel launched a massive wave of strikes on its arch-rival, triggering an immediate response from Tehran. Erdogan says it is imperative that fingers are […]
# Sokker: Volgende week se kwalifiseerders vir die Asiese Bekertoernooi vir vroue wat in Jordanië gespeel sou word, sal nou volgende maand in Katar plaasvind. Die herskedulering en verskuiwing is genoodsaak deur die konflik tussen Israel en Iran wat tot die sluiting van lugruime gelei het. Die ander kwalifiseerders sal soos beplan voortgaan en die […]
# President Cyril Ramaphosa sê dringende wêreldwye diplomatieke pogings word benodig om die konflik tussen Israel en Iran te beëindig. Die president waarsku die voortdurende geweld eis lewens en benadeel die wêreld-ekonomie. Hy het gepraat tydens die Konstitusionele Hof se 30ste herdenking in Braamfontein, Johannesburg, en gepleit dat alle partye verdere lugaanvalle moet vermy en […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, sê toenemende geweld by universiteite is kommerwekkend en kampusse moet veilig wees vir leer en groei. Dit volg nadat die adjunk-visekanselier van die Walter Sisulu Universiteit, Sinethemba Mpambane, gister op die Mthatha-kampus in die Oos-Kaap doodgeskiet is. In April is ‘n student, Sisonke Mbolekwa, tydens […]
# Suid-Afrika is onder die 40 lande ter wêreld wat die minste vreedsaamheid ervaar, en is 124ste uit 163 nasies op die 2025 Wêreldwye Vredesindeks. TimesLive berig die internasionale vredesindeks se jongste verslag dui aan toenemende geweld, politieke onbestendigheid en konflik veroorsaak sedert 2007 die grootste daling in wêreldvrede. Suid-Afrika het effens gestyg vanaf verlede […]
# Sokker: Duitse sokkerreus, Borussia Dortmund, het ‘n kontrak met 18-jarige Jobe Bellingham van Sunderland vir 632-miljoen-rand beklink voor die 2025 FIFA Klubwêreldbeker-wedstryd môre teen Mamelodi Sundowns in Cincinnati. Dortmund het die ooreenkoms versnel sodat Bellingham betyds by die toernooi kon aansluit. Hy volg in die voetspore van sy broer, Jude Bellingham. Dortmund kom vir […]