# ‘n WNNR-studie het bevind radar is die mees koste-doeltreffende tegnologie om Transnet se spoorinfrastruktuur te beskerm. Die WNNR ingenieur en studieleier, Duarte Goncalves, sê 35 radarstelsels kan 550 kilometer spoor beveilig, wat 24-uur-opsporing in alle weersomstandighede waarborg. Dit sluit ‘n misdaadvoorkomingkoers van 74,7-persent in. Hy het beklemtoon die radar-gebaseerde oplossing van 414-miljoen-rand, sal ondersteun […]
# Die Departement van Elektrisiteit en Energie en die Nasionale Tesourie sê die program vir onafhanklike transmissieprojekte is op koers om die nasionale netwerk uit te brei en privaat beleggings te lok. Vooraf-gekwalifiseerde bieërs sal teen 15 Desember aangekondig word, met finale voorstelle wat volgende jaar verwag word. Die Tesourie in samewerking met die Wêreldbank, […]
# Die DA sê maatskaplike werkers in die Wes-Kaap moet herklassifiseer word as noodsaaklike werkers. Hy sê meer as twee-duisend maatskaplike werkers hanteer elk honderde gevalle van mishandeling en verwaarlosing, met meer as 54 aanvalle op maatskaplike werkers wat sedert April aangemeld is. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê formele erkenning sal maatskaplike werkers toegang […]
# ‘n Australiese gesin met miljoene aanlyn aanhangers verhuis na Brittanje om hul tuisland se sosialemedia-verbod vir kinders onder 16, wat in Desember begin, te vermy. Die vier gesinslede bekend as die “Empire Family”, bestaan uit ma’s Beck en Bec Lea, ‘n 17-jarige seun Prezley en hul 14-jarige dogter Charlotte, wat almal video’s van hul […]
# Die VN se menseregtehoof het Amerikaanse militêre aanvalle veroordeel op skepe in die Karibiese Eilande en Stille Oseaan wat na bewering dwelms vervoer, en gesê die dodelike aanvalle oortree internasionale reg en kom neer op buitegeregtelike moord. Meer as 60 mense is volgens berigte sedert vroeg September in Amerikaanse aanvalle dood. Volker Türk het […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Vervoer het PRASA versoek om ‘n meganisme te skep vir geskilbeslegtings vir ondernemings na kommer oor wanbetaling deur hoofkontrakteurs wat klein besighede dwing om te sluit. Die komitee het die Oos-Rand-korridor besoek en die Daveyton-stasie, Brakpan-substasie en Germiston-brug inspekteer. Hulle wil binne drie weke ‘n verslag sien met oplossings […]
# Die DA in Tshwane versoek dringende ingryping na ‘n toename in tifusgevalle in Hammanskraal. Die DA-burgemeesterskandidaat, Cilliers Brink, sê die uitbreking moet versigtig bestuur word om ‘n tragedie te vermy. Brink blameer skoon waterprojekte wat tot stilstand gekom het en swak kommunikasie deur burgemeester Nasiphi Moya vir die krisis wat vererger. Hy doen ‘n […]
# Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap het ‘n Nasionale Jeugfonds van 2,5-miljard-rand bekendgestel om werkloosheid aan te pak. Die adjunkvoorsitter, Bonga Makhanya, het tydens die Jeugbeleggingsindaba in Johannesburg gesê die fonds sal oor ‘n tydperk van drie jaar plaaslike en internasionale beleggings lok om ondernemings wat die jeug lei te ondersteun. Hy het ‘n beroep op vennote […]
# Een van Amerika se gewildste reisbestemmings, die Orlando-lughawe, was op die punt om alle landings te kanselleer nadat die sluiting van die regering ‘n geskarrel vir lugverkeersbeheerders veroorsaak het. Inkomende en uitgaande vlugte uit die tuiste van Disney World en Universal Studios is met tot soveel as 90 minute vertraag. Die vlugopsporingswebwerf, FlightAware, sê […]