Nuus 13:00
BULLETIN 5 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu is dankbaar dat minister Meth ingryp by Pick n Pay se moontlike afdankings
# FIFA verbied herbruikbare waterbottels by Wêreldbekerstadions
# En die Reserwebank eer Tito Mboweni met ‘n eerste gedenklesing
# Die vakverbond Cosatu het die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, bedank dat sy ingegryp het by Pick n Pay se beplande afdanking van meer as 22-duisend werkers. Sy het onlangs met Cosatu se nasionale leierskap, die vakbond SACCAWU en die kettinggroep se senior uitvoerende hoofde vergader. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die kleinhandelaar is oorreed om die Artikel 189-kennisgewings terug te trek, wat ‘n belangrike gevolg is:
# Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika waarsku ernstige oorstromings sal uitvoervolumes in belangrike sitrusgebiede met minstens vyf-persent verminder. Die gebiede wat die ergste geraak word sluit in Patensie in die Oos-Kaap en Citrusdal en die Boland in die Wes-Kaap. Die vereniging sê skadebepalings word gedoen, met van die produsente wat steeds nie toegang tot hul boorde het nie. Mandaryn-gewasse is die ergste getref nadat infrastruktuurskade die oes ontwrig het. Die vereniging sê ondanks laer volumes, bly die gehalte en betroubaarheid van sitrusuitvoere na internasionale markte tans ongeskonde.
# Die MK-party steun ten volle die anti-immigrasie-organisasie, die March and March-beweging. Die groep het ongedokumenteerde buitelanders tot 30 Junie tyd gegee om Suid-Afrika te verlaat en dreig om die land tot stilstand te dwing as dit nie gebeur nie. Dit is ‘n poging om buitelanders terug te stuur na hul eie lande. Die party se sekretaris-generaal, Sibonelo Nomvalo, beskuldig ongedokumenteerde buitelanders dat hulle dwelmkartelle en ander misdaadnetwerke in Suid-Afrika vestig:
# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam FIFA het toeskouers om veiligheidsredes verbied om herbruikbare waterbottels na Wêreldbeker-wedstryde te neem. Bekers, flesse en blikkies is ook verbode. FIFA sê dit is om die gevaar te verminder dat ondersteuners missiele op die speelveld gooi. Hy sê die besluit is geneem vir die beskerming van die welstand van spelers, skeidsregters, toeskouers, vrywilligers en personeel. Water sal by stadions verkoop word. Die toernooi begin Donderdag met die openingswedstryd tussen Suid-Afrika en die mede-gasheer, Mexiko, in Mexikostad.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-27-sent teen die dollar, 18-rand-94-sent teen die euro en 21-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-928-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-467-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 93-dollar-53-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die eerste Tito Mboweni-gedenklesing aangebied en hulde gebring aan sy ontslape voormalige president en minister van Finansies en van Arbeid. Die huidige president, Lesetja Kganyago, het Mboweni beskryf as ‘n reuse-bydraer tot ekonomiese beleid en ‘n voorstander van verantwoordbare openbare instellings. Hy sê die jaarlikse geleentheid sal Mboweni se nalatenskap vier terwyl Suid-Afrika sy pad vind deur toenemende wêreldwye onsekerheid, beskermings-beleid en uitdagings vir multilaterale samewerking:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….