Nuus 08:00
BULLETIN 5 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Tau sê Suid-Afrika neem sy verpligtinge rakende dwangarbeid baie ernstig op
# Die EFF sê die verwerping van Ekurhuleni se voorgestelde begroting is ‘n oorwinning vir grondwetlike regering
# En Zelensky stel ‘n persoonlike ontmoeting met Putin voor
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika is gereed om voort te gaan om met Amerika te onderhandel. Dit volg nadat Amerika 12-persent-tariewe voorgestel het teen Suid-Afrika en ander lande, en sê hulle doen nie genoeg om handel in produkte wat met dwangarbeid vervaardig word, te keer nie. Amerika voer aan die afwesigheid van streng invoerbeperkings op hierdie goedere stel wêreldmarkte verkeerd voor. Die departement se woordvoerder, Kaamil Alli, sê Suid-Afrika neem sy verpligtinge oor dwangarbeid baie ernstig op:
# Die MK-party sê hy is besig om sy verkiesingstrategie, mobilisasieprogram en organisasiestrukture te finaliseer in aanloop tot die plaaslikeregeringverkiesing in November. Die party se burgemeesterskandidate sal in Johannesburg, Kaapstad, Tshwane, Ekurhuleni, eThekwini, Nelson Mandelabaai, Buffalo City en Mangaung staan. Die sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, sê by die keuse van kandidate sal vaardighede, ondervinding en integriteit voorkeur kry en ‘n ingeligte en omvattende proses gevolg word:
# Die EFF in Gauteng verwelkom die verwerping van die Stad Ekurhuleni se voorgestelde 2026/2027-begroting. Die begroting van 71-miljard-rand kon nie die vereiste ondersteuning kry nie nadat 96 raadslede daarvoor en 105 daarteen gestem het. Dit beteken die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jongizizwe Dlabathi, moet ‘n hersiene begroting indien vir oorweging. Die EFF sê ten spyte van Ekurhuleni se verswakkende finansiële posisie en herhaalde mislukkings om invordering-teikens te haal, maak die begroting steeds staat op onrealistiese inkomste-vooruitskattings en word as ‘n geloofwaardige finansiële plan voorgehou.
# Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn persoonlike ontmoeting met die Russiese president, Vladimir Putin, gevra in ʼn hernude poging om die oorlog te beëindig. Moskou het sy dodelike lugaanvalle op Kiëf verskerp en minstens 22 mense is in Maandag se missiel- en hommeltuigaanvalle dood. Zelensky beklemtoon in ʼn brief dat vrede nie kan wag tot Amerika sy aandag van Iran na die oorlog tussen Rusland en Oekraïne verskuif nie. Putin sê hy is gereed en gewillig om ʼn ooreenkoms met Oekraïne te bereik, maar daar moet toegewings gemaak word.
# Gholf: Tommy Fleetwood van Engeland is op vyf onder 67 deel van vier voorlopers na die eerste ronde van die PGA-gedenktoernooi in Ohio. Die ander is die Amerikaners, Wyndham Clark, JJ Spaun en Ryan Gerard. Die Kanadees, Nick Taylor, is een hou agter die vier voorlopers. Die heersende tweemalige kampioen, die Amerikaner Scottie Scheffler, het sy rondte afgesluit met een hou oor, terwyl Rory McIlroy van Noord-Ierland met een onder 71 geopen het. Fleetwood sê die baan by Muirfield Village is die grootste toets:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-32-sent teen die dollar, 18-rand-95-sent teen die euro en 21-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-723-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-439-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 94-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….