Nuus 12:00
BULLETIN 4 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Grensbestuurs-owerheid bestuur die vertrek van 933 Mosambiekse inwoners
# Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit reik ‘n waarskuwing uit namate swaar reën voortduur
# En die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers keur ‘n voorstel goed wat Trump se magte beperk om Iran aan te val
# Die Grensbestuurowerheid sê hy het die vertrek van 933 Mosambiekse inwoners deur die Lebombo-grenspos bestuur. Die groep sluit 38 minderjariges in wat verwerk is onder toesig van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê van dié wat teruggestuur is, kom 349 van die Lindela-aanhoudingsgerief as deel van die Departement van Binnelandse Sake se deportasieprogram, en 584 van Mosselbaai met die hulp van die Mosambiekse hoëkommissaris:
# Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het inwoners en toeriste aangeraai om verspoelde paaie, laagwaterbrûe en rivieroewers te vermy terwyl swaar reën in dele van die Wes-Kaap voortduur. Drie-en-negentig inwoners van De Rust en Welgeluk is gister ontruim en na die Toekomsrus-gemeenskapsaal geneem. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê rotsstortings is ook op die N12 naby die Chandelier-wildreservaat aangemeld:
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ‘n voorstel goedgekeur om president Donald Trump se oorlogsmagte in Iran te beperk. Dit is met 215 stemme teenoor 208 aanvaar toe vier Republikeine daarvoor gestem het. Die besluit moet nog deur die Republikeins-beheerde Senaat goedgekeur word, wat Trump sal verplig om Kongres-goedkeuring te kry vir verdere militêre optrede. Speaker Mike Johnson meen die tydsberekening is swak weens die huidige vredesonderhandelings tussen Amerika en Iran:
# Rugby: Die vleuel Donavan Don het Dewald Human vervang in die Springbok-sewesgroep vir die naweek se laaste Wêreldkampioenskaps-byeenkoms in Bordeaux, Frankryk. Human het verlede naweek in Spanje sy knie beseer en moes na Suid-Afrika terugkeer. Die Blitsbokke het die eerste toernooi in Hongkong gewen, maar in die eindstryd in Spanje teen Australië verloor. Suid-Afrika loop steeds voor met 38 punte, gevolg deur Argentinië en Australië.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-28-sent teen die dollar, 18-rand-90-sent teen die euro en 21-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-240-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-461-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 96-dollar-10-sent per vat.
# En ten slotte: Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het positief getoets vir Covid-19 en is in self-afsondering om te herstel. Hy het verlede week in die Parlement sy departement se begroting ter tafel te lê en sy laaste oorsese reis was verlede maand toe hy die Wêreld-waterstofberaad in Nederland bygewoon het. Die departement moedig almal wat onlangs kontak gehad het met Tau aan om hulle te laat toets en voorsorgmaatreëls te tref. Hy voeg by sy gemoed is positief.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….