Nuus 11:00
BULLETIN 4 Junie 11 vm
Goeiemore. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê sy aandag sal nie afgelei word deur politieke teater of verkiesingsfoefies nie
# Minister Tau toets positief vir Covid-19
# En rugby: Donavan Don sluit by die Blitsbokke aan in Bordeaux
# President Cyril Ramaphosa sê sy aandag sal nie afgelei word deur partye wat probeer aandag trek nie en sal getrou bly aan die Grondwet en die oppergesag van die reg. Opposisiepartye het hom versoek om die Phala Phala-sage te bespreek ondanks ‘n ampsklagondersoek teen hom. Ramaphosa het gevra vir ‘n regshersiening van die onafhanklike Artikel 89-paneel se bevinding dat hy verantwoording moet doen. Ramaphosa sê hy word deur die Grondwet gelei:
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het positief getoets vir Covid-19 en is in self-afsondering om te herstel. Hy het verlede week in die Parlement sy departement se begroting ter tafel te lê en sy laaste oorsese reis was verlede maand toe hy die Wêreld-waterstofberaad in Nederland bygewoon het. Die departement moedig almal wat onlangs kontak gehad het met Tau aan om hulle te laat toets en voorsorgmaatreëls te tref. Hy voeg by sy gemoed is positief.
# ActionSA verwelkom die besluit van die Parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge om strafregtelike klagtes teen die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, te lê omdat hy weier om voor die komitee te verskyn. Woordvoerder Alan Beesley sê dit bevestig geen openbare amptenaar is bo die wet verhewe nie en die Parlement se toesighoudende bevoegdhede moet respekteer word. Beesley sê die fonds ondervind ernstige bestuurs- en finansiële probleme, wat sy vermoë bedreig om slagoffers te vergoed:
Nuus uit die buiteland:
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, ontken berigte van spanning tussen hom en Donald Trump nadat die Amerikaanse president erken het hy het Netanyahu “mal” genoem tydens ‘n telefoongesprek oor Israel se militêre optrede in Libanon. Netanyahu het aan CNBC gesê hy en Trump het dalk taktiese verskille oor die hantering van die oorlog, maar stem oor baie dinge saam. Hy sê Trump is die grootste vriend wat Israel nog in die Withuis gehad het:
# Rugby: Die vleuel Donavan Don het Dewald Human vervang in die Springbok-sewesgroep vir die naweek se laaste Wêreldkampioenskaps-byeenkoms in Bordeaux, Frankryk. Human het verlede naweek in Spanje sy knie beseer en moes na Suid-Afrika terugkeer. Die Blitsbokke het die eerste toernooi in Hongkong gewen, maar in die eindstryd in Spanje teen Australië verloor. Suid-Afrika loop steeds voor met 38 punte, gevolg deur Argentinië en Australië.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-32-sent teen die dollar, 18-rand-94-sent teen die euro en 21-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-761-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-464-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 96-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….