Nuus 09:00
BULLETIN 31 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Aucamp loof die Krugerwildtuin se nalatenskap tydens sy eeufeesvieringe
# Fikile Mbalula sê die Tolashe-skandaal word toenemend moeilik vir ANC-vroueliga
# En, drie mense is dood nadat die VSA nog ‘n vaartuig in die oostelike Stille Oseaan tref
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het die Krugerwildtuin beskryf as ‘n nasionale bate van globale betekenis en ‘n sleuteldrywer vir toerisme, ekonomiese groei en werkskepping. Aucamp het tydens die park se eeufeesvieringe ‘n eeu van bewaringsprestasies geprys ten spyte van onlangse vloede. Hy het Suid-Afrikaners versoek om Kruger se nalatenskap te beskerm, sodat toekomstige geslagte kan baat vind by een van Afrika se mees ikoniese wildreservate:
Die minister het ook ‘n ooreenkoms vir ‘n bevoordelingskema met grondeisers onderteken wat aan die Krugerwildtuin gekoppel is en saamval met die 100-jarige vieringe van die wildtuin. Die inisiatief van sewe grondeisers is gemik op die skepping van werksgeleenthede, sakegeleenthede, vaardigheidsontwikkeling en belegging vir gemeenskappe wat geraak word. Aucamp sê die skema balanseer bewaring met ekonomiese insluiting, wat verseker gemeenskappe trek voordeel uit die park se hulpbronne terwyl die omgewings- en toerismewaarde behoue bly:
# Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die skandale rondom die president van die ANC-vroueliga, Sisisi Tolashe, het toenemend moeilik geword vir die organisasie. Sy uitsprake kom te midde van ‘n spesiale vergadering om toekomstige leierskap te bespreek nadat Tolashe opdrag gegee is om as ‘n ANC-parlementslid en liga-president te bedank. Sy is deur die ANC se Integriteitskommissie skuldig bevind aan wangedrag. Mbalula het in Boksburg, oos van Johannesburg, bevestig dat dissiplinêre prosesse voortduur:
# Suid-Afrika se wynbedryf word aangespoor om aan te pas by toenemende wêreldwye ekonomiese, klimaats- en verbruikersdruk. Bedryfsleiers doen ‘n beroep op groter vernuwing, volhoubaarheid en waardegedrewe groei om mededingend te bly. Nedbank se hoofekonoom, Nicky Weimar, waarsku dat inflasie en stygende brandstofkoste verbruikersbesteding kan demp ten spyte van verbeterings in energie en logistiek. RDie uitvoerende hoof van Suid-Afrika Wyn, Rico Basson, het die behoefte aan sterker handelsdiplomasie, markdiversifisering en belegging in hoërwaardeprodukte beklemtoon om die bedryf se toekoms te verseker.
# Die Amerikaanse weermag sê hy het gister ‘n aanval op ‘n vaartuig in die oostelike Stille Oseaan uitgevoer. Drie mans is dood in die tweede aanval binne twee dae. Die Amerikaanse Suidelike Bevel het in ‘n plasing op X gesê intelligensie het bevestig dat die vaartuig op dwelmsmokkelroetes in die oostelike Stille Oseaan gevaar het en betrokke was by dwelmsmokkelary-operasies. Die Amerikaanse weermag het bygevoeg drie manlike narko-terroriste is tydens die aanval dood is en geen militêre personeel is beseer nie.
# En sokker: Paris Saint-Germain het die UEFA Kampioeneliga-eindstryd teen Arsenal met vier strafskoppe teenoor drie geklop het na ‘n gelykopuitslag van een-elk Saterdag in die Puskas Arena in Hongarye. Danksy ‘n doel deur Kai Havertz het Arsenal vroeg voorgeloop, voordat Ousmane Dembele die telling in die tweede helfte gelyk gemaak het. Ekstra tyd is toegestaan maar die wedstryd moes uiteindelik met strafskoppe beslis word. Die Arsenal-verdediger Gabriel Magalhaes het die beslissende vyfde strafskop gemis nadat hy bo-oor die doelhok geskop het. PSG is nou die tweede klub in die Kampioeneliga om agtereenvolgende titels te wen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….