Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 31 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# OUTA sê die regering neem nie die uitwissing van korrupsie ernstig op nie
# AfriForum waarsku die Stroomop-petroleum-wetsontwerp bedreig beleggersvertroue
# En, krieket: Die Proteas is goed voorbereid en gereed om mee te ding in Nieu-Seeland
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik is besorg oor die land se stryd teen korrupsie nadat hy volgens die Wêreld Korrupsiepersepsie-aanwyser van Transparency International tot die laagste vlak in 12-jaar teruggesak het. Die verslag toon Suid-Afrika is een van 23-lande wat hulle laagste posisie nog behaal het en is gegroepeer as gebrekkige demokrasieë. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenhage, benadruk die negatiewe uitwerking van korrupsie op die ekonomie en pleit by die regering om voorkeur te gee aan die uitwissing daarvan, veral met die naderende verkiesing:
# AfriForum is bekommerd die Wetsontwerp op die Stroomop Petroleumhulpbronontwikkeling gee onbeteuelde magte aan die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe. Daar is vrese oor korrupsie met die voorneme om ‘n aandeel van 20-persent in petroleumregte aan die staat toe te ken. Daarbenewens is dit problematies dat onbeperkte ministeriële magte sekere gebiede uitsluitlik vir swart beleggers kan uithou. AfriForum ná die Nasionale Vergadering se goedkeuring voorleggings ingedien by die Nasionale Raad van Provinsies. Woordvoerder Marais de Vaal waarsku oor groter gevolge wat ‘n invloed sal hê op beleggersvertroue en die sukkelende ekonomie.
# Kleinhandelprestasie toon die rykes voel ook die druk, met Suid-Afrika se gegoede huishoudings wat ervaar hul rykdom hou nou al ‘n aantal jare nie tred met inflasie nie. Woolworths se aangemelde verkope dui op uitdagings vir hoër inkomste-verbruikers, met ‘n 7.2-persentasie-toename in selfde-winkel verkope wat deur 9.1-persent inflasie oorskadu word. Die kossegment toon kleiner mandjiegroottes en daar is oortollige feesvoorraad. Mode-, skoonheids- en huis-segment-verkope het sedert 2022 met 10-persent gedaal. TFG Beperk, Truworths en Mr Price weerspieël ook gedempte handel, terwyl voertuigverkope, veral BMW, ‘n dalende welvarende klas uitlig.
# Krieket: Die Proteas-toetsgroep is nie op volle sterkte nie, maar is gereed om die geleentheid in Nieu-Seeland aan te gryp met die eerste van twee toetse wat Sondag begin. Na vandag se voltooiing van ‘n driedaagse oefenwedstryd teen ‘n Nieu-Seelandse Elftal, kies die Proteas nou koers na Mount Maunganui vir die eerste toets in die reeks. Niemand gun die Proteas eintlik ‘n kans nie, met agt nuwelinge in die span, maar afrigter Shukri Conrad glo hulle is goed voorbereid en gereed om mee te ding:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-74-sent teen die dollar, 20-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-683-dollar-73-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-38-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-69-sent per vat.
# Ten slotte: Universal Music gaan sy miljoene liedjies op TikTok verwyder ná ‘n dooiepunt in gesprekke oor betaling. Die stap sal beteken die sosiale media-platform sal nie meer toegang hê tot liedjies deur kunstenaars soos Taylor Swift, The Weeknd en Drake nie. Universal het TikTok van afknouery beskuldig en gesê hy wil ‘n fraksie van die tarief betaal wat ander sosiale media-webwerwe betaal vir toegang tot sy uitgebreide katalogus. TikTok beskuldig Universal van ‘n vals storie en retoriek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….