Nuus 12:00
BULLETIN 26 Mei 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Ronald Lamola sê geen griewe regverdig aanvalle op mense op grond van hul nasionaliteit nie
# Die Jeep Grand Cherokee-herroeping raak honderde voertuie landswyd
# En krieket: ‘n Plek in die IPL-eindstryd is vandag op die spel in Dharamsala
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, beklemtoon dat immigrasie ‘n gedeelde verantwoordelikheid in ʼn streek is en nie net ʼn Suid-Afrikaanse probleem nie. Burgerlike groepe beskuldig onwettige immigrante van misdaad en dat hulle werk by plaaslike inwoners wegneem. Lamola sê die regering erken dat hy sy vermoë om ongedokumenteerde migrasie te hanteer moet verbeter en seker maak wetstoepassing vind regverdig plaas. Lamola het herhaal dat enige aanvalle op buitelanders onwettig is:
# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om te appelleer teen die lasbrief vir inhegtenisname van die staatsaanklaer Mkhuseli Ntaba in Mpumalanga. Kwaggafontein se hooflanddros, Tuletu Tonjeni, het die lasbrief uitgereik nadat Ntaba versuim het om voor die hof te verskyn in die afpersingsaak teen Joe “Ferrari” Sibanyoni. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê Ntaba het volgens berigte nie opgedaag nie omdat hy dreigemente ontvang het:
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheidsherroeping aangekondig weens ‘n moontlike veiligheidsgebrek van 920 Jeep Grand Cherokee WL-voertuie wat tussen 2021 en 2023 verkoop is. Daar is ‘n probleem met ‘n foutiewe boonste beheerarm-knypbout wat kan breek, wat kan lei tot ‘n verlies aan beheer en die risiko van ‘n ongeluk verhoog. Phetho Ntaba van die kommissie sê hulle monitor die herroeping in ooreenstemming met die Wet op Verbruikersbeskerming:
# Krieket: Die Indiese Premierliga het die uitspeelrondes bereik en ‘n plek in die eindstryd is op die spel in vandag se eerste kwalifiseringswedstryd. Die voorste twee spanne in die liga-fase, die verdedigende kampioen, Royal Challengers Bengaluru, en Gujarat Titans, speel in Dharamsala. Die wenner dring deur na Sondag se eindstryd, terwyl die verloorder nog ‘n kans kry in Vrydag se tweede kwalifiseerder. Dit sal wees teen die wenner van môre se uitskakelstryd tussen Rajasthan Royals en Sunrisers Hyderabad in New Chandigarh.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 22-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-658-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-529-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 96-dollar-18-sent per vat.
# En ten slotte: Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, in vennootskap met die toonaangewende e-handelsonderneming, die Take-a-lot-groep, wil 500 studente inkomstegeleenthede aanbied terwyl hul nog studeer. Die program bied studente drie buigsame maniere om ‘n inkomste te skep en daarmee ‘n pad na entrepreneurskap. Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Mimmy Gondwe, sê hulle omskep die ooreenkoms van verstandhouding in werklike ekonomiese deelname vir studente om hul tasbare werkservaring, inkomste en entrepreneurskapsvaardighede te bied.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….