Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 31 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika word gekniehalter deur voortslepende kragonderbrekings en logistieke probleme wat die gevolg is van jare lange onvoldoende belegging en swak bestuur. Die fonds het die land se vooruitsig vir vanjaar tot net een-persent verlaag. Die IMF se hoofekonoom, Pierre-Olivier Gourinchas, sê dis noodsaaklik dat kragaanlegte weer aanlyn kom, dat meer hernubare energie by die netwerk gevoeg word en dat ‘n omgewing geskep word wat privaat beleggers lok. Hy sê verhoogde staatskuldvlakke is ook ʼn groot bron van kommer:
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die Emfuleni Munisipaliteit moet aanspreeklikheid aanvaar vir die hiasinte en waterslaai wat die Vaalrivier oorneem en toeriste-bedrywighede belemmer. Die party het die munisipaliteit gewaarsku om op te hou om riool in die rivier te stort aangesien dit as voedselbron vir die uitheemse plantegroei dien. Gerda Senekal van die VF Plus sê Rand Water moet ook aanspreeklikheid aanvaar vir die probleem en dringende stappe doen om die rivier skoon te maak:
# En ten slotte: Tien personeellede van die Stad Kaapstad se Direktoraat Water en Sanitasie is nou in staat om insekte in die riviernetwerk te ontleed om watergehalte en ekologiese integriteit te bepaal. Hulle het onlangs akkreditasietoetsing ondergaan om ‘n driejaar-akkreditasie van die Nasionale Departement van Water en Sanitasie te verkry. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê dit is belangrik om van tyd tot tyd die gesondheid van die rivierstelsels te evalueer en om dit suksesvol te doen, moet verskeie ekologiese aanwysers beoordeel word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….