Nuus 14:00
BULLETIN 25 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Tesourie beëindig die brandstofheffingverligting
# ‘n Bloedige naweek in Kaapstad met 13 mense wat sterf in ‘n reeks skietvoorvalle
# En rugby: Cheslin Kolbe se terugkeer na Kaapstad word bevestig
# Die Nasionale Tesourie het sy tydelike brandstofheffingsverligting beëindig en sodoende ‘n maatreël geskrap wat gehelp het om motoriste teen hoë brandstofpryse te beskerm. Die besluit beteken verbruikers sal waarskynlik verhoogde brandstofkoste ondervind namate die belastingaanpassing in werking tree. Die Tesourie sê die verligting was altyd net ‘n korttermyn-ingryping. Die stap sal na verwagting vervoerkoste en inflasiedruk beïnvloed, met belanghebbendes wat waarsku oor ‘n kettingreaksie in die ekonomie, veral vir huishoudings en ondernemings wat sterk afhanklik is van brandstof vir logistiek en pendel.
# Die ANC-veteraan Tokyo Sexwale kritiseer president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-skandaal en noem sy verduideliking kinderagtige onsin. Die voormalige hoof van die Staatsveiligheidsagentskap, Arthur Fraser, het die skandaal onthul, wat beteken dat Ramaphosa ‘n ampsklag-proses moet deurgaan. Sexwale het op die SMWX-potgooi bewerings bevraagteken dat onverklaarde Amerikaanse dollars wat op sy plaas gevind is, betaling was vir die verkoop van beeste aan die Soedanese sakeman Hazim Mustafa:
# Die Kaapstadse polisie ondersoek ‘n vlaag skietvoorvalle oor die naweek waarin minstens 13 mense dood is. Woordvoerder Andrè Traut sê ses mans is in Makhaza en Endlovini dood, insluitend drie slagoffers in ‘n informele woning, en nog drie wat vanoggend in ‘n sjebien doodgeskiet is. Die motiewe word tans ondersoek. Woordvoerder Novela Potelwa het ook sewe moorde in Khayamandi bevestig, terwyl niemand nog in hegtenis geneem is nie.
Die DA in Gauteng wil intussen dringend met die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, skakel om sekere wetstoepassings-magte na provinsies af te wentel vir ‘n doeltreffender misdaadvoorkomingstrategie. Woordvoerder Crezane Bosch sê die jongste misdaadstatistieke vir die vierde kwartaal wat die polisie vrygestel het, toon dat 54,8-persent van alle ontvoeringsake wat nasionaal aangeteken is, in Gauteng plaasgevind het. Sy sê dit maak dit die provinsie die grootste probleemgebied in die land:
# Rugby: Die blitsvinnige Springbok Cheslin Kolbe se terugkeer na Kaapstad is bevestig. Die 32-jarige veelsydige agterspeler het in 2017 die Stormers vir die Franse span Toulouse verlaat, en in 2023 na Japan verhuis. Die boorling van Kraaifontein in die Moederstad het in 2018 sy buiging vir Suid-Afrika gemaak en sedertdien 49 toetse gespeel en 136 punte aangeteken. Kolbe het sy span, Tokyo Suntory Sungoliath, bedank omdat hul sy tyd in Japan spesiaal gemaak het. Hy sluit begin Julie by die Stormers aan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-31-sent teen die dollar, 19-rand teen die euro en 22-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-566-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-571-dollar-53-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 94-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….